SAGARÍA 4:5-6 AFR53

October 16, 2025

5. En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.

6. Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.


***


Kern gedeelte:

"Nie deur krag of deur geweld nie"


So dikwels wil ons dinge forseer, ryp druk, en in eie krag wil ons, ons sake hanteer wat nie volgens ons, vinnig genoeg beweeg of gebeur nie.

Vanoggend kry ons die boodskap wat sê, wag dit uit, maak spasie sodat GOD hierdie saak kan hanteer. As ons te naby aan hierdie saak bly, gee ons GOD nie kans om te doen wat Hy wil doen nie.

Moenie die situasie versleg nie, moenie inmeng nie en moenie sake in eie hande neem nie.

Die boodskap is duidelik, Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees.

Laat GOD hierdie saak hanteer.


-------


GEBED.


VADER, soos Hiskia lê ons, ons probleme voor U voete neer. Gee ons asb die krag om te laat gaan, dit te los en daarvan weg te stap in die wete dat deur die inwerking van die Heilige Gees sal sake opgelos word, sal elke negatiewe situasie of probleem soos mis voor die son verdwyn.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat voel dat hulle kan nie meer wag nie en sake in eie hande wil neem. Versterk asb elkeen wat dit nodig het.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

October 15, 2025
7. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. 8. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die Here. 9. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. *** Kern gedeelte: "Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie" Gedurig deur wil ons GOD voorskryf, terwyl ons nie eers weet wat die dag van môre sal inhou nie. Ons raak nie stil voor GOD om na Sy Stem te luister nie, en ons gee ook nie ag op die waarskuwings deur die inwerking van GOD se Heilige Gees nie. GOD beplan vir ons 'n hoopvolle toekoms, 'n lewe van oorvloed, maar deur hardnekkigheid, eiesinnigheid en hardkoppigheid jaag ons die verkeerde pad, die weë van hierdie wêreld na. As dinge skeefloop blameer ons GOD omdat hy terugslae in ons lewe toelaat. Wat ons sien as terugslae, is eintlik struikelblokke op pad na die hel, want daarsonder sou ons oop oë hel toe gestap het. Vandag, soos hierdie nuwe dag begin, volg GOD se plan, luister na Sy Stem, want soos die hemel hoër is as die aarde, so is GOD se weë hoër as ons weë en Sy gedagtes as ons gedagtes. ------- GEBED. VADER, soms wil dinge nie uitwerk nie, en ons faal keer op keer. Maar ons raak nie net vir 'n oomblik stil voor U voete om U Wil vir ons lewe te probeer verstaan nie. Ons bid dat U ons teen onself sal bewaar, want ons keuses lei tot verkwiste tyd, frustrasies en depressie. Spreek asb vandag U Wil in ons lewe in en rig ons op die pad wat U vir ons beplan. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U ingryping in ons lewe waar ons die pad byster raak. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 14, 2025
5. So sê die Here van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het: 6. julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in 'n stukkende beurs te steek. 7. So sê die Here van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het! *** Kern gedeelte: "Gee ag op wat julle wedervaar het" 'n Volk sonder GOD, is 'n versukkelende volk, en 'n huis sonder GOD is 'n gebroke huis. As iemand oor hierdie wil debateer, kyk om jou rond in ons land Suid-Afrika, en sien hoe 'n eens voortvarende land besig is om tot 'n val te kom. Dit het gebeur omdat ons as volk, van GOD af weggedraai het. Dieselfde sal ook in ons huise, ons gesinne gebeur as ons begin om van GOD af weg draai! Ons sal ook deur baie moeite gaan, maar die beloning daarvan sal min wees. Ons sal vrede in huis verwag, maar dit sal met storms gevul wees, ons sal seëninge in ons bank rekenings nie sien nie, want die skuldeisers sal alles verteer. Maar as ons in alles GOD eerste stel, dit wat ons doen, doen ter ere van Sy Naam, as ons binne Sy Wil begin leef, sal die vensters van die Hemel vir ons weer oopgemaak word, met 'n uitstort van seëninge. Daarom, vanoggend ,Gee ag op wat julle wedervaar het! ------- GEBED. VADER, beskaamd staan ons voor U, ons huise gevul met sondes, ons land in verwarring. Laat vandag asb die eerste tree wees op ons pad na herstel, op ons pad terug na U, en leer ons asb om U in waarheid te soek, sonder om ons eie voordeel daarin te soek. Dankie dat U ons vanoggend nog die geleentheid gee om sake reg te maak. In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor ons huise, gesinne, gesondheid en finansies, ter ere van U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel:+27716283107
October 13, 2025
20. En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die Here sy God. 21. En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad. *** Kern gedeelte: "het hy met sy hele hart gehandel" Moenie halfhartig wees in jou verhouding met GOD nie, want voorgee, skynheiligheid, en 'n halfhartige gesindheid pas nie, en het nie plek in jou verhouding met GOD nie. Hoekom het Jehiskía voorspoed beleef in dit wat hy gedoen het? Want in dit wat hy gedoen het, het hy met sy hele hart gedoen, met sy hele hart gehandel. As jy vanoggend hierdie boodskap gelees of geluister het, maak die besluit wie jy wil dien, GOD of die wêreld. As jy egter besluit het om GOD te dien, dien GOD dan met jou hele hart! Onthou, as GOD enige iets vir jou beteken, sal Hy alles vir jou beteken. ------- GEBED. VADER, U Woord sê vir ons dat die boom sal aan sy vrugte geken word, en as ek vanoggend na die vrugte van my lewe kyk, dan sak ek my kop in skaamte, want ons laat toe dat die wêreld sistematies terugkruip in ons lewe in en dit maak inbreuk op ons verhouding met U. Vanoggend onderneem ons egter om U voluit te dien, sodat die wêreld, U Lig deur ons sal sien skyn. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van halfhartigheid. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 10, 2025
11. ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword. 12. Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou. 13. Maar by wyse van vergoeding — ek praat soos met kinders — moet julle ook verruim word. *** Kern gedeelte: "maar in jul binneste het julle dit te nou" Vanoggend wil ek net 'n kort boodskap bring! Laat gaan die vrees in jou lewe, die angs in jou binneste, want GOD is in beheer! Niks sal oor jou pad kom, waarvoor GOD jou nie die krag sal gee om te oorkom nie. Die vrees en die angs verteer jou, en dit opsig self bring meer probleme in jou lewe in. Weet dit, GOD is in beheer, daar sal nie 'n enkele haar van jou hoof val sonder die Wil van GOD nie. ------- GEBED. VADER, twyfel en angs in ons lewe is die boublokke van struikeling, die deur wat ons vir die "verderwer" oopmaak. Gee ons asb die krag om die vrees en angs tersyde te stel en met die wete te begin leef, dat my GOD is, en sal altyd in beheer wees. Dankie vir hierdie bevestiging want U sê in U Woord, al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bestraf ek gedagtes van vrees en twyfel in my lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 9, 2025
20. Kyk, Ek stuur 'n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. 21. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom. 22. Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees. *** Kern gedeelte: "Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem" Laat ons vanoggend nie wederstrewig wees nie, maar luister na die Stem van GOD, deur die inwerking van Sy Heilige Gees. As jy wil hê dat GOD jou moet rig op jou lewenspad, dan moet jy nie net luister na Sy Stem nie, maar jy moet gehoorsaam wees daaraan. Ons almal luister daagliks na die stemme, na die invloede van die wêreld en weens die geraas in ons lewe, hoor ons nie GOD se Stem nie. Dit is nodig dat ons die geraas verwyder, gaan stil raak voor GOD sodat ons Sy plan vir ons lewe kan verstaan. Wat op hierdie oomblik so reg lyk en voel in ons lewe, is dalk heeltemal verkeerd. As jy sekerheid en vaste rigting wil hê, luister terdeë na GOD se stem, dan sal GOD die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees. ------- GEBED. VADER, verwyder asb die geraas uit ons lewe en maak ons stil. Skep asb vir ons die geleentheid om in stilte, U insig, wysheid en raad te kom soek. Wys asb aan ons waar ons wederstrewig teen U Wil inwerk en ons eie koppe volg. Open asb ons oë sodat ons die Waarheid in elke situasie sal sien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Wil in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 8, 2025
19. want die Here het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die Here gehandel het. 21. want Agas het die huis van die Here en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was. 22. Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die Here begaan, dieselfde koning Agas: *** Kern gedeelte: "die Here het Juda verneder ter wille van Agas" Vanoggend se woord is so toepaslik op ons land Suid-Afrika! GOD is besig om ons land te verneder ter wille van ons leiers wat van GOD af weggedraai het, en agter die afgode van hierdie wêreld aanhardloop. Maar Pasop, voor ons 'n vinger wys na die regering, laat ons besef dat ons is die hoof van ons huis en ons sal ook vernedering oor ons huis bring as ons ontrou teenoor die HERE handel. Hierdie boodskap sal nie by almal insink nie, want soos Agas, toe GOD hom in benoudheid gebring het, nog meer ontrou gehandel het, so sal sekere van ons, in ons ontrou voortgaan. Dit is reg, dit is elkeen se keuse, maar as ons vernedering oor ons huis bring, moet ons nie vra hoekom nie, want ons is gewaarsku. ------- GEBED. VADER, U het vanoggend tot ons gespreek deur U Woord, maar die keuse van gehoorsaamheid lê by elkeen van ons. Ons kan vandag die lot van ons huis, ons gesin en families bepaal, deur te kies om voort te gaan en nog meer ontrou te handel. Of ons kan kies om van die wêreld weg te draai, en te verklaar, dat ek en my huis, ons sal die HERE dien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die regte keuse, die keuse om aan U getrou te bly. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings