ROMEINE 6:11-14 AFR53
11. So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
12. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
13. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
14. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
***
Kern gedeelte:
maar stel julleself tot beskikking van GOD.
Hoe doen mens dit in hierdie deurmekaar, verdraaide en sondige wêreld?
Die volgende drie vrae help my baie wanneer ek voor besluite, voor die kruispaaie van die lewe staan.
1. Hoe sou JESUS dit hanteer het?
2. Is dit wat ek nou doen of gaan doen ter ere van GOD?
3. Is die besluit wat ek nou gaan neem, binne GOD se geregtigheid, volgens Sy onpartydige opregtheid.
Die maklike keuse is om aan wêreld gelykvormig te word, om te handel en wandel soos die kinders van die verderf.
Maar dit vat rugraat en integriteit om op te staan en nee te sê vir dit wat verkeerd is, vir dit wat nie moet wees nie.
Onthou verkeerd bly verkeerd, selfs as die oorgrote meerderheid dit doen, en reg bly reg, selfs wanneer niemand dit doen.
Staan op, staan vas en staan uit, neem 'n standpunt in, en sien hoe GOD jou bekragtig.
-------
GEBED.
VADER, dit word al hoe moeiliker om die regte dinge te doen want die wêreld waarin leef is so verdraaid deur die leuens van die "verderwer" dat sonde, ongeregtigheid en leuens as normaal beskou word. Daarom vra ons, dat U Heilige Gees ons oë sal verlig vir die waarheid, sodat ons, ongeag wat, binne U onpartydige opregtheid sal lewe. Gee ons asb die krag om in U Waarheid vas te staan ten spyte van die aanslae van die "verderwer".
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen in nood, en ons vra dat U sal voorsien in elkeen se daaglikse brood.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





