DEUTERONÓMIUM 23:14 AFR53
14. Want die Here jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
***
Kern gedeelte:
"en Hom van jou afwend nie"
In die Woord van GOD staan geskrywe, wees heilig, want Ek is Heilig, en daarom moet ons daagliks ons motiewe, denkwyse, woorde en optrede, wat soms ver te kort skiet, ondersoek, sodat GOD se Heilige Gees Hom nie sal ontrek van ons lewe, omdat Hy iets afstootlik in ons lewe, ons huis gevind het nie.
Een ding wat ons duidelik moet verstaan, jy kan in hierdie lewe alleen teen die wêreld staan as GOD nie met jou is en Sy Heilige Gees versterk jou op jou lewenspad, jy sal miskien val maar GOD sal jou weer oprig deur Sy Reddende Regterhand.
Die Lig en die duisternis meng nie, dit is of die een, of die ander.
Ons moet kies of ons dit wat afstootlik is, uit ons lewe gaan verwyder en of ons alleen teen die wêreld gaan probeer staan.
Die laasgenoemde word nie aanbeveel nie!
-------
GEBED.
VADER, ons mag dalk dink dat ons alleen teen die wêreld, teen die aanslae van die "verderwer" kan staan, want U beskerm ons, self waar ons nie eers daarvan bewus is nie. Maar ons besef dit eers wanneer U, U Heilige Gees van ons ontrek het. Ons vra dat U ons tekortkomimge aan ons sal uitwys sodat ons dit wat nie moet wees nie, uit ons lewe sal verwyder.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die teenwoordigheid en ondersteuning van U Heilige Gees in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





