II PETRUS 2:19-20, 22 AFR53
19. Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword.
20. Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
22. Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
***
Kern gedeelte:
"want waar 'n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook 'n slaaf geword"
Ons almal kan met vroom gesigte rondloop en 'n lewe van voorgee lewe, maar en ding is seker, GOD ken ons gedagtes en die begeertes van ons hart.
Maar weet dit, dit is net 'n kwessie van tyd voor die krake begin wys, voordat die sonde deurbreek en dan is daar geen keer meer daaraan nie.
Dit is wanneer ons daardeur verswelg word, dan word die sinnetjie toepaslik wat sê:
Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
As jy vanoggend voel dat jy besig is om van GOD af weg te dwaal nadat jy reeds JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker aanvaar het, besef net een ding!
As jy met vuur speel, gaan jy brand!
Los dit waarmee jy besig is, bely dit voor GOD, terwyl jy nog die kans het, voordat dit te laat is.
-------
GEBED.
VADER, soos die mot om die kers, glo ons ook dat ons met sonde kan speel sonder om te brand. Spyt is 'n goeie ding maar kom altyd te laat en daarom bid ons vanoggend vir die krag en openhartigheid om ons sondes voor U te bely en dan weg te stap daarvan. Versterk ons asb deur die inwerking van U Heilige Gees sodat ons nie weer in dieselfde strikke van die lewe sal trap nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly in tye van versoeking.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za





