MIGA 7:7-9 AFR53
7. Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.
8. Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is 'n lig vir my.
9. Die toorn van die Here sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.
***
Kern gedeelte:
"Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die Here is 'n Lig vir my"
Vandag wil ek jou bemoedig en vir jou sê, die storm hou nie vir ewig aan nie.
Maar weet ook dit, dat as jy voor die storm probeer uitvlug, sal die storm jou inhaal, wanneer jy geestelik uitgeput is en dan is sake soveel erger.
Staan op in geloof, verklaar dat GOD jou ook hierdeur sal dra, spreek die storm aan in die Naam van JESUS CHRISTUS.
Al val jy, jy sal weer opstaan, al raak dinge moeilik, deur gebed sal jy krag kry om enige situasie te oorkom.
Moenie moed verloor nie, ook hierdeur sal GOD jou dra.
Jy sal staande anderkant uitkom, die Lig van uitkoms sal vir jou deurbreek, en die son sal weer skyn.
Moet net nie moed opgee nie.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend sien ons dalk nie meer 'n uitkoms nie en alles lyk of dit verlore is. Ons het egter nie in eiewysheid beweeg nie, maar ons het die eerste tree in geloof geneem en vertrou U vir die res. Laat dit wees soos dit U behaag, en al val ons, weet ons dat U ons weer sal oprig deur U Reddende Regterhand. Versterk ons asb sodat twyfel en vrees nie vatplek kry is ons lewe nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly en voort te beur deur hierdie storm waarin ons, ons tans bevind.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel+27716283107





