EXODUS 33:13-15 AFR53
13. As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.
14. En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf?
15. Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
***
Kern gedeelte:
"As U nie self meegaan nie"
Hierdie moet nie net 'n paar woorde in GOD se Woord wees nie, maar ons hele lewens bestaan moet daarop gevestig wees.
Voor jy iets doen, vra hoe sou JESUS CHRISTUS dit gedoen het, hoe sou Hy die saak hanteer het, en sou Hy by sekere plekke ingegaan het, waar jy tans ingaan.
GOD gaan jou nie forseer nie, en die verandering moet van jou kant af kom.
As jy binne gehoorsaamheid aan GOD se Woord lewe, sal jydie nodige leiding ontvang deur die inwerking van die Heilige Gees.
Dan sal Sy Woord 'n Lamp vir jou voet en 'n Lig op jou pad wees.
-------
GEBED.
VADER, ook in hierdie oggend moet ons bieg dat ons daaglik dinge aanpak wat U nie goedkeur nie, en ons gaan waar U Heilige Gees ons nie kan lei nie. Vergewe ons asb daarvoor en lei ons asb binne U Wil, op U pad van onpartydige opregtheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die teenwoordigheid van U Heilige Gees in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel:+27716283107





