JEREMIA 32:41-43 AFR53
41. En Ek sal My oor hulle verheug om aan hulle goed te doen; en Ek sal hulle duursaam in hierdie land plant, met my hele hart en met my hele siel.
42. Want so sê die Here: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.
43. En daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee.
***
Kern gedeelte:
"dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee"
Soveel van ons mense in ons land Suid -Afrika het reeds moed opgegee en glo ook dat ons land nooit weer sal herstel nie.
Dit mag dalk 'n opinie wees, en soveel mense glo die leuen wat die "verderwer" en sy werkers versprei.
Solank as wat jy negatief is oor ons land gaan jy nie bereid wees om aktief op te staan, te doen wat reg is nie, en weer eienaarskap vat oor die grongebied wat GOD aan jou gegee het nie.
GOD sê vandag vir ons deur Sy Woord:
Daar sal grond gekoop word in hierdie land waarvan julle sê: Dit is 'n wildernis, sonder mens of dier; dit is in die hand van die Chaldeërs oorgegee..
Luister na hierdie boodskap, staan op, neem jou grondgebied terug, dit sal so wees, want ons dien 'n GOD van wonders.
--------
GEBED.
VADER, dankie dat die winde van verandering begin waai in ons land Suid-Afrika. Dankie dat die verandering wat U bring, reeds begin het. Dankie vir die hoopvolle toekoms wat U vanoggend in hierdie boodskap vir ons bevestig.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees, ons in eenheid sal laat opstaan vir ons land Suid-Arika.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





