JONA 3:1-3 AFR53
1. EN die woord van die Here het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê:
2. Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.
3. Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die Here. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
***
Kern gedeelte:
"EN die woord van die Here het vir die tweede maal tot Jona gekom"
Deur hoeveel storms van die lewe moet ons gaan voor ons gaan luister.
Almal ken Jona se verhaal, en ja dit was sy eiesinnigheid wat hom in die storm laat beland het, skipbreuk laat ly het, en drie in die buik van 'n vis laat deurbring het.
Eers daarna was hy bereid om te luister nadat die Stem van GOD vir 'n tweede keer na hom gekom het.
Vanoggend wanneer ons die stem van GOD hoor wat sê, gaan links of gaan regs, laat ons daarna luister, en laat ons nie ons eie koers volg wat ons weer na die volgende storm van die lewe gaan lei nie.
-------
GEBED.
VADER, U het gepraat, en daar was soveel waarskuwings op die pad, maar ons het gekies om ons eie kop te volg, en die nagevolge van ons besluite kan ons slegs voor ons eie voete plaas. Laat ons nie met bitterheid rondloop oor die verlede nie, maar laat ons iets daaruit leer.
Bewaar ons asb teen ons eie swak besluite.
In die Naam ons Meester YESHUA, belei ons vandag ons hardkoppighied en sonde van eiesinnigheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





