JOB 1:21-22 AFR53
21. en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die Here het gegee, en die Here het geneem: die Naam van die Here sy geloofd!
22. By dit alles het Job nie gesondig en aan God niks ongerymds toegeskrywe nie.
***
Kern gedeelte:
Die Here het gegee, en die Here het geneem.
Wees dankbaar vir dit wat jy vandag het en moenie daaroor spog nie, want wat jy is, is net genade en alles wat jy het is net geleen!
So vinnig raak ons gewoond aan ons omstandighede, en so vinnig verhef ons, onself bo ander.
Hoogmoed is die moeder van alle sondes, en so dikwels wanneer ons toelaat dat hoogmoed in ons hart inkruip, dan word ons van ons troontjie afgestoot, sodat ons weer op grondvlak, die lewe in die oë kan kyk.
En eers wanneer ons besef en erken dat alles wat ons het kom deur GOD se seëning in ons lewe in en wanneer ons toelaat dat GOD se seëning deur ons hande na ander mense toe vloei, keer sake terug na normaal.
Eers dan sal GOD se Goedheid en Guns ons nie net volg nie, maar ons vooruitgaan op ons lewenspad.
-------
GEBED.
VADER, so maklik raak ons hoogmoedig en so maklik kruip arrogansie en trots in ons lewe in, sonder dat ons dit besef, en daarom vra ons vanoggend dat U ons sal versterk deur die inwerking van U Heilige Gees sodat ons nederig voor U voete sal bly. Laat ons asb nooit die grond verlaat nie, maar laat ons in U skadu bly.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n nederige en dankbare hart in elke situasie.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





