ROMEINE 12:3-6 AFR53
3. Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
4. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
6. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:
***
Kern gedeelte:
"dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie"
Vanoggend wil ek net vir jou sê, "PASOP" vir hoogmoed, want hoogmoed is die moeder van alle sondes.
Deur hoogmoed is die "verderwer" uit die hemel gewerp, en deur hoogmoed is Nebukadneser se koningkryk van hom weggeneem totdat hy erken het dat GOD die Allerhoogste is.
Rykdom, faam, talente of goeie posisie wat jy dalk beklee, is genade gawes in jou lewe.
Instede daarvan om onself bo ander te verhef, kom ons gebruik eerder GOD se seëninge om ander ook daarmee te seën.
Soos jy met 'n oop hand ontvang, so moet jy ook met 'n oop hand gee.
Laat GOD se son oor almal skyn.
-------
GEBED.
VADER, soveel van ons lewe nog met die "eie ek" gesindheid, en ons glo dat dit ons harde werk, vernuf en besigheids kennis was wat ons tot hier gebring het. Verblind deur ons arrogansie, besef ons nie dat elke gawe uit U Hand kom nie. Daarom wil ons vanoggend in nederigheid voor U kom om net dankie te sê dat U ons geseën het met dit wat ons vandag het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U goedheid en U guns in ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





