FILIPPENSE 4:4-7 AFR53
4. Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
5. Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
6. Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
7. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
***
Kern gedeelte:
"Verbly julle altyd in die Here"
As jou blydskap in GOD gevestig is, sal jy met dankbaarheid in jou hart lewe.
Die teenoorgestelde is ook waar, as jy nog na jou blydskap in die wêreld soek, as jy nog met onvergenoegdeid deur die lewe gaan, sal jy met 'n ondankbare hart na alles kyk.
In Romeine 12:2 sê staan daar duidelik geskrywe;
En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed.....
Miskien moet ons vanoggend nie vra vir dit wat ons begeer nie, maar eerder dankbaar wees met dit wat ons reeds het.
Kyk met waardering om jou rond, en dank GOD vir elke gawe uit Sy Hand, en dankbaarheid sal ook jou hart oorspoel, en jy sal weet, jy is maar nou eenmaal, 'n geseënde van GOD.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend ure voel ons soms te moeg om op te staan, maar dan neem ons 'n oomblik om U te dank vir elke stukkie seënige in ons lewe, en dan eers besef ons hoe geseënd ons werklik is, en op daardie oomblik kan ons nie anders as om ons te verbly in U nie.
Laat ondankbaarheid nooit vatplek in ons harte kry nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag in hierdie dag.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





