MATTHÉÜS 6:34 AFR53
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
***
Kern gedeelte:
"Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad"
Soms kyk ons so vas in die dag van môre, dat ons vergeet om vandag voluit te lewe.
Net vir 'n oomblik, dink terug oor verlede week, die probleme en uitdagings wat jy mee moes deel.
Sommige was so groot dat ons hart gekrimp het daarvan en ons kon nie 'n uitweg sien nie, maar as ons nou terugkyk, het GOD ons ook daardeur gedra, versterk en krag gegee.
Die probleem wat onoorkombaar was, is nie meer nie, maar in jou gees is jy sterker, en jou geloof groei met elke tree.
Daarom, staan vandag op, leef voluit, maak GOD se Naam groot, want hierdie week se berg sal volgende week se getuienis wees.
Kwel jou dus nie oor die dag van môre nie, want GOD is in beheer, en Hy sal jou lei op die pad.
Weet net dat ook die dag van môre is in GOD se Hand en Sy Wil sal geskied!
Staan vas in jou geloof, en moenie wankel nie.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend kyk ek terug en ek besef dat die aanslag van gister is my getuienis in hierdie oggend, van hoe groot U is en hoe U sake beskik binne U geregtigheid. Dankie dat U groter is as my probleme, en VADER dat U selfs negatiewe en moeilike situasies gebruik om my op te bou, te versterk sodat ek die volgende struikelblok in geloof kan hanteer, want my GOD is in beheer.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geloof soos 'n Mosterd daad, wat sal groei, vir die "wêreld" ten aanskoue.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107.





