MATTHÉÜS 24:33-35 AFR53
33. So weet julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
34. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.
***
Kern gedeelte:
"maar my woorde sal nooit verbygaan nie"
Deur die laaste paar dekades, het die werkers van "wêreld" probeer om die Woord van GOD te verander, af te water en ons te oortuig dat alle sonde is aanvaarbaar, solank ons onder die genade lewe.
Nee vanoggend se boodskap is nie 'n Bybel debat nie, en ek wil niemand se oortuigings verander nie.
Maar die waarheid van GOD se Woord en die Evangelie van JESUS CHRISTUS sal nie verander word nie, al vat hulle ook ons Bybels weg.
Openbaring 14:12 AFR 33-53 vertaling lees,
Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
Die wêreld kan die waarheid verdraai, maar deur die inwerking van GOD se Heilige Gees sal die waarheid altyd na vore kom.
In, en deur GOD se Woord sal jy die Lig, die Weg en die Waarheid vind.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat ons, deur nie U Woord net te lees nie, maar U Woord te begin uitleef en toe te pas in ons lewe, ons laat wegkeer van die sonde, die begeertes van hierdie wêreld en die pad van waarheid saam met U kan begin stap. Dankie dat U Woord nooit sal verbygaan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die Waarheid van U Woord sal deurding tot ons.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





