MATTHÉÜS 19:16-17 AFR53
16. EN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
17. En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
***
Kern gedeelte:
"Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie"
As jy daarna strewe om binne GOD se geregtigheid te lewe, binne Sy onpartydige opregtheid, moet dan nie die tien gebooie net lees nie, maar pas dit toe, elke tree van jou lewenspad.
Dan sal jy in jou weë geseënd wees!
Beklee jou met GOD se Woord, laat dit sigbaar wees in jou handel, jou wandel, in jou spraak en jou optrede.
Wanneer jy jou beklee met GOD se Woord, gehoorsaam is aan Sy opdragte, en ons, ons geloof in JESUS CHRISTUS bewaar, sal die Lig van Verlossing deur ons skyn vir ander om te sien.
Laat jou lig skyn vir die wêreld om te sien, en versprei die Evangelie van ons Verlosser, elke tree van die lewenspad.
-------
GEBED.
VADER, U maak dit vir ons so duidelik in U Woord, As julle My liefhet, onderhou my gebooie, want in die onderhouding van U gebooie, sal ons U onpartydige opregtheid vind. Laat ons nie daaroor argumenteer nie, want U Woord is suiwer en U opdragte volmaak. Laat elkeen kies wat hulle wil doen, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal lei hoe om binne die bepalings van U Woord te wandel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





