I KONINGS 17:13-14 AFR53

September 22, 2025

13. En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóú en jou seun iets klaarmaak.

14. Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee.


***


Kern gedeelte:

"Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord"


Hoeveel van ons mis ons deurbrake omdat ons, ons vastaar in ons beperkinge, in die bietjie wat ons het.

Ons glo en spreek, dat na die dag van môre is ons ook daarmee heen, het ons ook ons einde bereik.

Ons spreek eerder negatiewiteit oor ons lewe en omstandighede en glo nie dat GOD sal voorsien in ons daaglikse brood nie.

Hier is die waarheid, hou op twyfel, staan op en loop die pad wat GOD vir jou uitgelê.

GOD sal jou nie stuur, waar Hy nie sal voorsien nie, maar jy moet opstaan, en die eerste tree in geloof neem, en dan sal jy sien hoe die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie.


--------


GEBED.


VADER, in hierdie oggend bely ons, ons sonde van twyfel, onsekerheid en wantroue. Dit is menslik dat ons nie U plan vir ons lewe verstaan nie en daarom word ons deur ons twyfel oorheers. Ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei binne U Wil, op die pad wat lei tot ons deurbraak wat U vir ons daar gestel het. Dankie dat die olie en die meel nie sal opraak totdat U die deurbraak, die reëns van U seëninge gestuur het nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U met ons sal wees elke tree van die lewenspad.

Amen.


••••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

November 7, 2025
14. WANT God spreek op een, ja, op twee maniere; maar die mens let daar nie op nie. 15. In die droom, in 'n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed, 16. dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle; 17. om die mens terug te hou van sy onderneming en trotsheid vir die man te verberg; 18. sodat Hy sy siel kan red uit die kuil; en sy lewe, dat dit nie omkom deur die spies nie. 19. OOK word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente, *** Kern gedeelte: "maar die mens let daar nie op nie" Hoeveel keer in ons lewe het GOD deur Sy Heilige Gees met ons gepraat, die seël van waarskuwing op ons gedruk, maar ons het nie daarop nie gelet nie, nie geluister nie. As ons vanoggend sê dat ons geen waarskuwing ervaar, of nie GOD se stem hoor nie, dan is dit omdat ons nie ingestel is op die inwerking van die Heilige Gees nie, ons bid nie en vra vir GOD se Wysheid, Insig en Leiding nie. Ons volg ons eie kop, jaag ons dit na wat deur ons eie begeertes gedryf word, maar as dit skeefloop, is dit GOD se skuld. Nee, dit was ons keuse, neem verantwoordelikheid vir jou besluite, leer iets daaruit. As jy GOD se Leiding soek, beweeg nader aan Hom, spandeer tyd in Sy Woord, bid en vas, en die sluier sal ook vir jou gelig word. ------- GEBED. VADER, ons maak soveel foute omdat ons nie luister nie. Ons dwaal want ons volg ons eie kop. Maar as dinge skeefloop wil ons terughardloop na die spaarwiel GOD toe. Gee asb aan ons die krag, deursetting vermoë, wysheid, insig en geduld om U in alles te ken, en dat ons kan wag vir die antwoord wat U ons sal gee. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die geduld om op U antwoord te wag, voor ons beweeg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 6, 2025
23. Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet. 24. As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers. 25. Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard. 28. Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie. *** Kern gedeelte: "Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle" Is dit nie 'wie en wat' ons as GOD se volk in hierdie land geword het nie. Word ons nie van die buitekant met die swaard beroof nie, en is daar nie verskriking in ons binnekamers nie. Instede van 'n hoopvolle toekoms wat GOD vir ons beplan het, sien ons reeds ons ondergang. Niks gaan hieraan verander as ons nie na GOD terugkeer nie. Inteendeel, dit gaan baie vinning, nog slegter gaan met ons, maar as ons in waarheid na GOD terugkeer, ons sondes belei, sal die herstel in ons land nie gestop kan word nie. Wanneer GOD begin werk, sal niemand sy werk kan stop nie. ------- GEBED. VADER, voor U kom ons vanoggend en vra dat U, deur die inwerking van U Heilige Gees, op die regte tyd, herlewing in ons land sal teweegbring. Laat ons Suid-Afrika deur U oë sien, die land wat weer genoem sal word, die land van melk en heuning. Maar laat die besef ook insink, dat die verandering by ons moet begin. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die herstel van ons land. Bring asb beweging en verandering op die regte tyd. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
November 5, 2025
12. die Here alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie. 15. Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop — jy het vet geword, dik geword, spekvet geword — en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag. 18. Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het. *** Kern gedeelte: "en hy het God verwerp wat hom gemaak het"  Hoeveel keer het ek dit nie gesien nie, toegewyde kinders van GOD, wat van GOD af weggedryf het, die oomblik toe GOD hulle seën. Soos die seëninge van finansies, van geld by die voordeur ingestroom het, het dit hulle verhouding met GOD by die agterdeur uit gedruk. Die rede daarvoor is die skyn van voorspoed godsdiens, waar ons voorgegee het dat ons GOD dien ter wille van wat GOD vir ons kan doen. As GOD die toets van seëninge oor jou pad bring, bly nederig voor GOD, en onthou eerder waar jy vandaan kom en uit watter situasie GOD jou uitgehelp het. Onthou, soos GOD gegee het, so kan Hy ook weer neem! ------- GEBED. VADER, in hierdie oggend besef ons opnuut, hoe geld ons persoonlikhede kan verander, ons prioriteite verander, waar ons U nie meer eerste stel in ons lewe nie. Ons neem U seëning in ons lewe as vanselfsprekend en U seëninge aan ander mense wat deur ons moes gevloei het, lê nog by ons voete. Laat U Heilige Gees vandag ons tot stilstand ruk sodat ons, ons uitkyk en persepsie sal verander, sodat U weer ons eerste prioriteit sal word. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die stilte en kalmte in ons lewe waar U ons weer op die regte pad kan terugbring. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 4, 2025
2. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. 3. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die leërskare. *** Kern gedeelte: "Maar vir julle wat my Naam vrees" Die wiel van die lewe hou nooit op draai nie en wat vandag bo is, is môre weer onder. Dit mag op die oomblik lyk of die goddelose vooruitgaan, of alles vir hulle regloop, maar skielik kom hulle tot 'n val en verloor alles. Maar al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan, opgerig deur GOD se reddende regterhand. Daarom wees standvastig in jou weë, wees konstant in jou optrede, wandel in GOD se pad van onpartydige opregtheid! Moenie wankel nie! Wees nederig voor GOD, en op die regte tyd sal Hy jou oprig. Weet egter verseker, vir die wat GOD se Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan. Die vraag is nie "of" dit sal gebeur nie, maar die stelling is "wanneer" dit sal gebeur. ------- GEBED. VADER, soms voel dit of ons in die dryfsand van die lewe vasgevang is, of ons stadig oppad is na nêrens, terwyl ons nie altyd besef dat ons vertraging juis tot ons beskerming is nie. As U seëninge vroeër gekom het, sou dit ons tot skade gewees het. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U son van geregtigheid wel oor ons lewe sal opgaan, en dat ons moet volhard in ons standvastigheid in U. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande teen die aanslae van die "verderwer". Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
November 3, 2025
10. EINDELIK, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. 11. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. 12. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. *** Kern gedeelte: "word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte" Voordat jy hierdie nuwe week ingaan, wil ek vir jou vra. Het jy jou versterk in die HERE en in die krag van Sy sterkte? Daar is net een een manier om dit te doen en dit is om tyd in Sy Woord te spandeer en in gebed voor GOD se voete te kom. Ons verhouding met GOD het verander van 'n diepe verhouding met GOD waar ons hom in alles geken het na 'n Tik Tok boodskap of Facebook kort video verhouding waar ons net na grashalms gryp. Kom weer in die roetine waar ons eerste deel van ons dag aan GOD toegewy word, en jy sal ervaar hoe GOD in jou lewe begin werk. Onthou nie net 'n kort boodskappie nie, maar trek die volle wapenrusting van GOD aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. ------- GEBED. VADER, in die begin van hierdie week bid ons dat U ons sal lei in ons keuse om U bo alles te kies, en laat ons breek van die gewoonte om U in die media te soek. Leer ons asb weer hoe om in 'n dieper verhouding met U te staan. Leer ons asb, GOD eerste en dan die res. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om die regte keuse te maak in ons verhouding met U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
October 31, 2025
7. DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. 8. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; 9. want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. *** Kern gedeelte: "sotte verag wysheid en tug" Al ooit die antwoord gehoor? Dit is my lewe, ek kan daarmee maak wat ek wil en ek kan lewe soos ek wil. Die probleem met die persoon is dat hy nog nie verstaan, dat hy nie verstaan nie? Daarom sê die Woord van GOD, sotte verag wysheid en tug. In tyd sal die meule van lewe sy tol eis, en 'n dieper begrip sal ontwikkel, en eers dan sal die persoon tug en teregwysing aanvaar. Maar vir nou, laat hom begaan, laat hy sy kop stamp. As hy nie eers respek vir homself het nie, hoe sal hy dan respekvolle vrees vir GOD hê? ------- GEBED. VADER, tyd is 'n goeie leermeester, maar spyt kom altyd te laat. Gee ons die krag en standvastigheid en deursettings vermoë en nee te kan sê en dan by ons Woord te hou. Laat ons nie sonde in ons lewe toelaat of goedkeur nie. Leer ons wanneer dit tyd is om te laat gaan. In die Naam van ons Messter YESHUA, bid ons vir 'n beginsel vaste gesindheid in U Woord, Wil en Weg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings