HÁBAKUK 1:6-7, 12 AFR53
6. Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
7. Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
12. IS U dan nie uit die voortyd nie, o Here, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. Here, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
***
Kern gedeelte:
"tot 'n tugroede het U hom bestem!"
Dikwels wanneer ons in situasies op-eindig waar daar geen reg en geregtigheid is nie, is dit juis vir ons tot tugtiging, vir ons tot lering, vir ons tot strafoordeel.
Moenie dat hierdie situasie waarin jy jouself bevind tot jou nadeel sal wees nie, maar leer om GOD se Geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid in elke saak te soek.
Leer daaruit, sodat wanneer jy in die toekoms in beheer van sake is, jy nie dieselfde roete sal volg, weer die weg van ongeregtigheid sal soek nie.
Ja, soos die Chaldeërs opgewek is teen die volk van GOD, so sal mense deur GOD in plek geplaas word, sodat jy deur hulle tot die pad van geregtigheid kan kom.
Moet dit nie as 'n straf sien nie, maar gebruik die situasie om jouself te verbeter op elke moontlik vlak, en laat die probleem jou leer hoe om weer nader aan GOD te kom.
-------
GEBED.
VADER, vir alles en almal is daar 'n doel, soms juis om ons te leer hoe ons nie moet lewe nie. Ons leer dalk deur ander, hoe ons mense, nie moet behandel nie. Openbaar asb aan ons die doel van hierdie les, die doel van hierdie beproewings tydperk waardeer ons moet gaan. Gee ons asb die krag om sterker anderkant uit te stap, en dan te leef ter ere van GOD.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk in hierdie tyd van beproewing. Laat dit vir ons tot lering wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





