ROMEINE 12:19, 21 AFR53
19. Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
21. Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
***
Kern gedeelte:
"Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here"
So dikwels wil ons sake in eie hande neem, en ons wil GOD se werk doen.
Wanneer iemand ons te nakom, is die onmiddelike reaksie om ook dieselfde, of erger aan hulle te doen, want ons loop met die redenasie dat "ek sal" hulle wys.
Dit is nie GOD wat deur jou werk nie, maar die "eie ek" van hierdie "wêreld" wat na vore kom.
Stel jou saak in waarheid, staan in geregtigheid voor GOD en jou naaste, en vra GOD dat Hy regverdig sal oordeel.
Lê dan die saak ter ruste, beweeg aan met jou lewe, en laat GOD elkeen vergeld volgens sy werke.
Moenie in vergelding, bloed op jou eie hande bring nie.
Wees stil en weet dat GOD vir jou sal veg.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die nodige leiding en krag om nie kwaad met kwaad te vergelde nie, want U Woord is duidelik dat die wraak ons nie toekom nie. Mense sê dikwels dat ons leef in 'n hond eet hond wêreld, maar dit is nie nodig dat ons aan hierdie wêreld gelykvormig word nie. Laat ons lewe 'n spieëlbeeld word van U reg en geregtigheid.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan na elke terugslag en aanslag van die "verderwer".
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





