HÁBAKUK 3:17-19 AFR53
17. Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie
18. nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil.
19. Die Here Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes.
***
Kern gedeelte:
"nogtans sal ek jubel in die Here"
Hierdie is woorde wat maklik gespreek word in omstandighede van voorsiening, wanneer die wind van voorspoed in ons seile waai.
Maar die oomblik as die wind teen ons draai, en die storms van teëspoed breek teen ons aan het ons een van twee keuses.
Ons kan GOD verwyt vir die probleme, storms wat op ons lewenspad kom, of ons kan op ons knieë gaan en GOD dank, dat Hy ons selfs in die storm nog tot hierdie gedra het.
En soms is dit nodig dat GOD ons eers uit ons gemaksone uithaal, want ons grootste deurbraak is juis aan die einde van daardie gemaksone.
Dus, staan op, dank GOD vir uitdagings, vir deure wat toegaan, want ons is op die punt waar GOD deure gaan open wat niemand gaan toemaak nie.
Onthou, wie jou sterkte is: Die HERE HERE, is jou sterkte.
-------
GEBED.
VADER, in tye van storms, wanneer ons die pad van teëspoed stap is dit nie so maklik om woorde van geloof te spreek nie. Maar tog vanoggend, wil ons U dank dat U ons lewe in 'n nuwe rigting stuur want slegs U weet wat die toekoms gaan inhou. Daarom verklaar ons vanoggend, dat te midde van teëspoed sal ons jubel in die HERE, ons sal juig in die GOD van ons heil.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir die toekoms pad wat U vir ons berei. Laat dit wees soos dit U behaag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@incurio.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





