JESAJA 59:1-2 AFR53
1. KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
2. maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.
***
Kern gedeelte:
"KYK, die hand van die Here is nie te kort om te help nie"
Waar jy vanoggend hierdie boodskap lees of daarna luister, wil ek net vir jou sê:
Daar is vir jou uitkoms, en jou oplossing is voor die deur!
Die deurbraak waarvoor jy gebid het is op hande, want ons dien die Lewende GOD, 'n GOD van wonders.
Nog nooit het die HERE, die regverdige gefaal, na Sy kinders nie omgesien nie.
Moenie dat die sonde van twyfel 'n skeidsmuur, 'n beperking vir jou word nie, want op die geloofs reis, het jy nodig om die eerste tree te neem, in geloof, deur geloof en die HERE sal jou op die pad omtmoet en jou vooruitgaan.
Onthou JESUS se woorde wat sê, By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
Staan op, staan sterk en weet dat Hy GOD is, en dat Sy Hand is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie.
-------
GEBED.
VADER, ons twyfel het 'n berg voor ons geword, 'n skeidsmuur van onmoontlikheid en daarom sien ons nie die uitkoms of die pad vorentoe wat U reeds vir ons berei het nie. Dankie dat U vanoggend bevestig, dat ons huidige omstandighede nie ons eind bestemming is nie, maar die punt van vertrek in ons geloof reis saam met U. Lei ons asb en dui die rigting aan waarin ons die eerste tree moet neem.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bely ons, ons sonde van twyfel. Vergewe ons asb.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





