PSALMS 91:5-9 AFR53
5. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,
6. vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
7. Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.
8. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
9. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.
***
Kern gedeelte:
"Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak"
So dikwels wanneer dinge moeilik raak, en ons nie die antwoorde kry waarna ons soek nie, gryp ons na grashalms, pak die vrees ons beet, en gaan soek ons skuiling in die "wêreld".
Waarmee begin vanoggend se Woord gedeelte?
GOD maak dit vanoggend so duidelik, jy hoef nie te vrees nie!
Ja, sekere dinge sal ons wel met ons oë aanskou, dit mag dalk naby aan ons kom, maar na ons sal dit nie aankom nie, sê GOD.
Hou aan doen wat jy moet doen, beur vorentoe, stap die storm in, want ons GOD wat ons dien maak die storms stil.
Weet dit, jy lewe in Sy Beskerming en Sy Beskutting.
-------
GEBED.
VADER, elkeen van ons kan vanoggend net stilraak, ons kop in skaamte laat sak, omdat ons so min vertroue in U het, omdat ons geloof so wankelrig is. Met die eerste terugslag, raak ons paniekerig, gryp ons na grashalms, en gaan soek ons na die tydelike oplossings van hierdie "wêreld". Maak asb die storms in ons stil.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte in ons gemoed.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





