II KRONIEKE 16:7, 9 AFR53
7. En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die Here u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
9. want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.
***
Kern gedeelte:
"om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is"
Miskien is jy vanoggend op 'n plek waar jy nie wil wees nie en miskien sien jy net storms om jou, en die lig wil nie vir jou deurbreek nie.
Staan vas, alles het 'n begin en 'n einde, en wanneer die Lig deurbreek sal dit helderder wees as ooit tevore!
As GOD vir my en vir jou tot hiertoe gebring het, sal GOD ons ook van hier af vorentoe deurdra.
GOD het niks begin wat hy nie sal klaarmaak nie, want die Here — sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is, wie se gees standvastig in Hom gevestig is!
Daarom, gaan voort, doen wat jy moet doen en los die res in GOD se hande, want juis in ons swakheid kom die krag van GOD te voorskyn.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend bid ons vir krag, wysheid, insig en deursettings vermoë om nie in hierdie storm op te gee nie, maar standvastig te bly in U. Om die probleme in die gesig te kyk en te verklaar dat my GOD is groter as die berg probleme voor my, want U het ons nie op die aarde geplaas om in twyfel te dwaall nie, maar om die pad wat U vir ons uitgelê het in U outoriteit waarmee U ons beklee, te wandel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir deurbrake vir elkeen wat dit so nodig het.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





