II KRONIEKE 13:10, 18 AFR53

July 31, 2025

10. Maar ons — die Here is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die Here, en die Leviete is in die dienswerk.

18. En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die Here, die God van hulle vaders, gesteun het.


***


Kern gedeelte:

"maar die kinders van Juda het sterk geword"


Hoekom het die kinders van Juda deurlopend sterker geword, en hoekom het hulle gegaan van krag tot krag?

Selfs in die stryd waarin hulle gestaan het, was hulle vierhonderd duisend man en die Israel stamme was agthonderd duisend.

Nogtans het hulle nie opgegee of moedeloos geword nie, maar deur geloof, vertroue en gehoorsaamheid aan GOD het hulle oorwin en hulle het net sterker en sterker geword.

Mense wat in die glorie van hierdie wêreld staan is vir 'n oomblik in die kollig en vir 'n tyd stuig hulle uit, maar dit is van korte duur.

Maar die wat op GOD vertrou gaan van krag tot krag, en hulle is konstant in hulle verhouding met GOD, en soos 'n boom geplant by water strome dra hulle vrugte op hulle tyd, en die blare verwelk nie in die droogte nie.

Staan op, staan vas, in GOD lê jou oorwinning.


--------


GEBED.


VADER, in ons vrese lê ons struikeling en deur ons twyfel kom ons tot 'n val. Ons bid dat U ons sal versterk deur die inwerking van U Heilige Gees, dat U ons die krag sal gee om te kan opstaan en uitstaan, te verklaar dat ons oorwinning lê in ons verhouding met U. Ons oorwinning sal ons behaal deur ons GOD wat ons reeds vooruit gaan.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir deursettings vermoë, om die pad voluit saam met U te stap.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

July 30, 2025
8. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees. 10. Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor. 11. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. *** Kern gedeelte: "Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg" Ja, dit is so, geld is 'n integrale deel van ons lewe, maar moenie toelaat dat geld jou god word nie. Die daaglikse druk van oorlewing dwing ons van koers af, om ons voorsiening in die wêreld te gaan soek, instede om die Voorsiener te soek. Wanneer die druk meer word is dit juis die tyd, om standvastig te wees in jou soeke, jou verhouding met GOD, want Hy is die, Voorsiener, Geneser, Beskermer, Raadsman en Ewige GOD, en hy sal nie net voorsien nie, maar te midde van jou storms sal Hy jou op die water laat loop, solank jy jou fokus en oë slegs op Hom gerig hou en jou nie vaskyk in die vals vrese van hierdie wêreld nie. Ek het hierdie teksvers op my voertuig/bakkie se deure en agterklap geskrywe, Matt 6:33 wat sê, soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Gerigtigheid, en al hierdie sal vir julle bygevoeg word. Daagliks, word ek dan herhinner om die Voorsiener te soek, en nie voorsiening na te jaag nie. ------- GEBED. VADER, voor U staan ons vanoggend en sê net dankie vir die "min", en vir die "baie", want die "min" leer ons vergenoegdheid, want as die "baie" in ons lewe kom weet ons hoe dit voel om in nood te leef en daarom is ons meer bereid om in ander se tye van nood, die helpende hand ook na hulle uit te reik sonder om iets van hulle terug te verwag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om standvastig te bly in U, ongeag ons status of omstandighede. Amen. •••••••  Webtuiste: Sel: +27716283107
July 29, 2025
30. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31. omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. 34. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword,.......  ***  Kern gedeelte: "God het dan die tye van onkunde oorgesien" As jy nog in vandag se tyd opstaan en sê, ek weet nie wie GOD is, en wie Hy gestuur het, deur wie ons Verlossing sal verkry nie, dan het ek vir jou slegte nuus. In die tyd van die skrywe van hierdie boek van Handelinge het Paulus aan die mense van Athenai, verduidelik wie die onbekende GOD is wat hulle aanbid het. Maar vandag weet ons wie ons Lewende GOD is wat die hemel en die aarde gemaak het, en wie ons Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS is, want die tye van onkunde het by ons verbygegaan. Soos wat jy kies om hierdie boodskap te ignoreer, so sal elkeen wat dit doen voor GOD gaan staan sodat ons in Sy onpartydige opregtheid ge-oordeel kan word. Maak vandag nog jou saak reg met GOD, jy het nog die tyd! ------- GEBED. VADER, ons dink dat ons nog 'n verskoning het wat ons kan gebruik deur te sê, maar ek het U nog nie geleer ken nie. Ons dink dat ons, ons kan wegdraai van U boodskap sonder nagevolg, maar die uurglas het vir ons leeg geloop want U het die tyd van onkunde oorgesien. Terwyl ons vandag nog in die lewe is, laat ons die geleentheid gebruik deur, gedrewe deur die inwerking van Heilige Gees. In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U ons gees sal aanraak sodat ons tot U sal nader. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 28, 2025
30. En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 31. Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 33. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. *** Kern gedeelte: "wat moet ek doen om gered te word?" Soveel mense soek hulle hulp, hoop en redding in die weë van hierdie wêreld, wat uiteindelik lei op die pad na die ewige verderf. Soeke na drank, dwelms, hoerery, dinge wat nie betaam nie, dinge wat nie geoorloof is nie. Vanoggend wil ek net die antwoord gee wat op my hart gelê is om uit te dra, en dit is: Glo in die HERE JESUS CHRISTUS en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. Die dag wat jy van die wêreld wegdraai, jy tot bekering kom en JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar, sal Sy Lig ook in jou begin skyn. 'n Lig wat die duisternis van hierdie wêreld nooit weer sal kan oorweldig nie. ------- GEBED. VADER, in hierdie hoofstuk het hierdie Romeinse soldaat en sy huisgesin se lewens in 'n oomblik onherroepbaar verander. Ons vra dat U ons vandag nog sal aanraak sodat ons lewe ook nie langer in die weë van sal voortgaan nie maar dat ons vandag nog ons Skepper en Verlosser ontmoet. Vergewe ons asb ons sondes. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 25, 2025
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 6. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan. *** Kern gedeelte: "soos 'n boom wat geplant is by waterstrome" En so lees ons almal net dit wat ons wil hoor, ons lees dat ons op by waterstrome geplant sal wees en dat ons gedurig deur net in voorsiening sal leef, en dat ons net sterker en sterker sal word. En dit is so, maar alles kom met seisoene, soos die boom wat by die waterstrome staan. Die boom gaan ook deur die normale seisoene van die jaar, lente, somer, herfs en winter, maar nog meer, dan kom tye van vloed, tye van droogte, tye van storms en geweldige winde. Ook van tyd tot tyd sal die vuur tot op die rivier oewer brand. Maar nietemin, soos die boom, dra GOD ons deur, ons groei, rus, herstel, maar met elke siklus word ons sterker. Daarom, ongeag die seisoen waarin jy jou tans bevind, GOD bly in beheer, en ook hierdeur sal jy kom. ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat ons af tye net deel is van ons groei proses. Dit is nie ons toekoms plan of ons finale bestemmimg nie. Gee ons asb die krag om iets te leer uit elke situasie waar ons deurmaak, elke seisoen wat ons deurleef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly in elke situasie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 24, 2025
12. Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 17. En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. *** Kern gedeelte: "met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het" As jy die gebooie van GOD en die Getuienis, die Evangelie van JESUS CHRISTUS glo en verkondig, dan moet jy nie simpatie van die "verderwer" verwag nie. Die Woord van GOD maak dit duidelik dat hy rond loop soos 'n brullende leeu en soek na wie hy kan verslind. Let op, soos 'n brullende leeu. As jy jou standvastigheid in GOD vind, sal die gebrul van die "verderwer" verander van vrees wat jou lamlê, na nuttelose geraas in jou lewe wat geen effek op jou het nie. Aanslae en vals aantuigings sal na jou kant toe kom, maar as ons vers 11 lees, dan staan daar: En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Onthou, jou oorwinning lê in die bloed van die Lam! ------- GEBED. VADER, hoe dikwels lewe ons in vrees, voel ons dat ons nie goed genoeg is nie, lei ons aan 'n swak selfbeeld, en alles deur die leuens van die "verderwer". Laat hierdie waarheid asb by ons insink dat ons oorwinning lê in die bloed van die Lam. As ons U Seun aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, sal ons U in onpartydige opregtheid wil lewe, deur U gebooie te onderhou. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons 'n 'n nuwe dag, 'n nuwe begin in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 23, 2025
29. dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen. *** Kern gedeelte: "sodat die Here jou God jou kan seën" Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang. Die misbruikers en die wat op jou gevoel probeer speel sal daar altyd wees, maar daar is mense wat werlik hulp nodig het. Dit maak aan my geen saak hoe groot jou amp is, hoe belangrik jy dink jy is, of hoe ryk jy is nie of hoe goed jy jou probeer voordoen nie. Hoe jy ander mense behandel, sal my presies wys waar jy in jou verhouding met GOD staan. As jy mense rondom jou vertrap, uitsluit, verstoot, verneder en nie help waar jy kan help nie, moenie vra vra nie maar lees weer: en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, 'en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen'. Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang. ------- GEBED. VADER, hoe dikwels hou ons U seëninge wat moes deurvloei na ander toe, nog steeds teen ons bors vas. Die lank en kort is ons doen dit omdat ons U nie vertrou vir ons voorsiening in die dag van môre nie, daarom gaar ons op, word ons gierig en wil alles vir onself hou. Gee asb aan ons 'n hart van omgee en meegevoel, sodat ons U seëninge ook kan laat deurvloei na ander toe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeid sodat ons die verskil tussen nood en misbruik sal raaksien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Meer Plasings