I TIMÓTHEÜS 6:8, 10-11 AFR53
8. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
10. Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
11. Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
***
Kern gedeelte:
"Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg"
Ja, dit is so, geld is 'n integrale deel van ons lewe, maar moenie toelaat dat geld jou god word nie.
Die daaglikse druk van oorlewing dwing ons van koers af, om ons voorsiening in die wêreld te gaan soek, instede om die Voorsiener te soek.
Wanneer die druk meer word is dit juis die tyd, om standvastig te wees in jou soeke, jou verhouding met GOD, want Hy is die, Voorsiener, Geneser, Beskermer, Raadsman en Ewige GOD, en hy sal nie net voorsien nie, maar te midde van jou storms sal Hy jou op die water laat loop, solank jy jou fokus en oë slegs op Hom gerig hou en jou nie vaskyk in die vals vrese van hierdie wêreld nie.
Ek het hierdie teksvers op my voertuig/bakkie se deure en agterklap geskrywe, Matt 6:33 wat sê, soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Gerigtigheid, en al hierdie sal vir julle bygevoeg word.
Daagliks, word ek dan herhinner om die Voorsiener te soek, en nie voorsiening na te jaag nie.
-------
GEBED.
VADER, voor U staan ons vanoggend en sê net dankie vir die "min", en vir die "baie", want die "min" leer ons vergenoegdheid, want as die "baie" in ons lewe kom weet ons hoe dit voel om in nood te leef en daarom is ons meer bereid om in ander se tye van nood, die helpende hand ook na hulle uit te reik sonder om iets van hulle terug te verwag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om standvastig te bly in U, ongeag ons status of omstandighede.
Amen.
•••••••
Webtuiste:
Sel: +27716283107





