HANDELINGE 17:30-31, 34 AFR53
30. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,
31. omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.
34. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword,.......
***
Kern gedeelte:
"God het dan die tye van onkunde oorgesien"
As jy nog in vandag se tyd opstaan en sê, ek weet nie wie GOD is, en wie Hy gestuur het, deur wie ons Verlossing sal verkry nie, dan het ek vir jou slegte nuus.
In die tyd van die skrywe van hierdie boek van Handelinge het Paulus aan die mense van Athenai, verduidelik wie die onbekende GOD is wat hulle aanbid het.
Maar vandag weet ons wie ons Lewende GOD is wat die hemel en die aarde gemaak het, en wie ons Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS is, want die tye van onkunde het by ons verbygegaan.
Soos wat jy kies om hierdie boodskap te ignoreer, so sal elkeen wat dit doen voor GOD gaan staan sodat ons in Sy onpartydige opregtheid ge-oordeel kan word.
Maak vandag nog jou saak reg met GOD, jy het nog die tyd!
-------
GEBED.
VADER, ons dink dat ons nog 'n verskoning het wat ons kan gebruik deur te sê, maar ek het U nog nie geleer ken nie. Ons dink dat ons, ons kan wegdraai van U boodskap sonder nagevolg, maar die uurglas het vir ons leeg geloop want U het die tyd van onkunde oorgesien. Terwyl ons vandag nog in die lewe is, laat ons die geleentheid gebruik deur, gedrewe deur die inwerking van Heilige Gees.
In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U ons gees sal aanraak sodat ons tot U sal nader.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





