HANDELINGE 16:30-33 AFR53
30. En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
31. Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
32. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was.
33. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.
***
Kern gedeelte:
"wat moet ek doen om gered te word?"
Soveel mense soek hulle hulp, hoop en redding in die weë van hierdie wêreld, wat uiteindelik lei op die pad na die ewige verderf.
Soeke na drank, dwelms, hoerery, dinge wat nie betaam nie, dinge wat nie geoorloof is nie.
Vanoggend wil ek net die antwoord gee wat op my hart gelê is om uit te dra, en dit is:
Glo in die HERE JESUS CHRISTUS en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Die dag wat jy van die wêreld wegdraai, jy tot bekering kom en JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar, sal Sy Lig ook in jou begin skyn.
'n Lig wat die duisternis van hierdie wêreld nooit weer sal kan oorweldig nie.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie hoofstuk het hierdie Romeinse soldaat en sy huisgesin se lewens in 'n oomblik onherroepbaar verander. Ons vra dat U ons vandag nog sal aanraak sodat ons lewe ook nie langer in die weë van sal voortgaan nie maar dat ons vandag nog ons Skepper en Verlosser ontmoet. Vergewe ons asb ons sondes.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





