PSALMS 1:3, 6 AFR53
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
6. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.
***
Kern gedeelte:
"soos 'n boom wat geplant is by waterstrome"
En so lees ons almal net dit wat ons wil hoor, ons lees dat ons op by waterstrome geplant sal wees en dat ons gedurig deur net in voorsiening sal leef, en dat ons net sterker en sterker sal word.
En dit is so, maar alles kom met seisoene, soos die boom wat by die waterstrome staan.
Die boom gaan ook deur die normale seisoene van die jaar, lente, somer, herfs en winter, maar nog meer, dan kom tye van vloed, tye van droogte, tye van storms en geweldige winde.
Ook van tyd tot tyd sal die vuur tot op die rivier oewer brand.
Maar nietemin, soos die boom, dra GOD ons deur, ons groei, rus, herstel, maar met elke siklus word ons sterker.
Daarom, ongeag die seisoen waarin jy jou tans bevind, GOD bly in beheer, en ook hierdeur sal jy kom.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat ons af tye net deel is van ons groei proses. Dit is nie ons toekoms plan of ons finale bestemmimg nie. Gee ons asb die krag om iets te leer uit elke situasie waar ons deurmaak, elke seisoen wat ons deurleef.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly in elke situasie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





