PSALMS 88:2-3, 14 AFR53
2. Here, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
3. Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.
14. Maar ék, Here, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.
***
Kern gedeelte:
"Maar ék, Here, roep U aan om hulp"
Staan jy werklik in 'n verhouding met GOD, spandeer jy tyd by Sy voete, en lees jy Sy Woord omdat jy 'n behoefte daaraan het om ons Skepper en Verlosser beter te leer ken.
Of is jy 'n vriend van die "wêreld" wat die norme van die wêreld daagliks soek, dit beter leer ken?
'n Studie het getoon dat sekere hoeveelheid ure nodig is om vriendskappe te vorm en 40+ ure lei tot oppervlakkige vrienskap, 60-90+ lei tot vriendskappe en 200+ ure lei tot goeie vriende, dieper verhoudings.
Kom ons vat net die jaar 2024, vergelyk ons skerm tyd op ons foon met ons leestyd in GOD se Woord.
Dit sal jou wys waarna jy soek en hoe jy in jou verhouding met GOD staan.
Hierdie antwoord kan dalk koue water in elkeen van ons se gesig wees sodat ons wakker kan word en die realiteit kan sien.
-------
GEBED.
VADER, as ons U Woord so belangrik geag het soos ons media toestelle, sou die "wêreld", U Koningkryk en U Geregtigheid geken het en soveel beter verstaan het. Dit sou die houvas van die "verderwer" in die nek geslaan het en U Wil vir ons lewe sou tot verwelking kom. Maar ons kan vanoggend verduidelik soos ons Wil, die feite spreek vanself. Vergewe ons asb en laat U Heilige Gees ons leer hoe om ons van die "wêreld" weg te draai, en nader aan U te leef.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons swakheid en ons sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





