I THESSALONICENSE 2:3-5 AFR53
3. Want ons vermaning was nie uit dwaling of uit onsuiwerheid of uit bedrog nie;
4. maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.
5. Want ons het, soos julle weet, ons nooit met vleitaal opgehou of met bedekte hebsug nie. God is getuie.
***
Kern gedeelte:
"nie om mense te behaag nie"
Spreek die Woord van GOD reguit, opreg en sonder om dit te verdraai sodat dit die ore van mense sal streel.
Spreek dit, nie om mense te behaag nie, maar GOD wat ons harte beproef.
Lei eerder een persoon tot ware bekering voordat jy, met jou aan die voorpunt, die massas saam met jou hel toe sleep.
Onthou, voor GOD gaan ons staan, en verantwoording doen vir elke woord wat ons gespreek het.
Daarom, spreek GOD se Woord in waarheid, soos dit GOD behaag, en as dit iemand tot aanstoot is, laat dit so wees, want sommige mense moet deur ons uit die vuur geruk word.
Bid en vra dat die Heilige Gees jou, in jou woorde sal lei, en dat geen woorde van bedrog tot misleiding oor jou lippe sal kom nie.
-------
GEBED
VADER, U Woord leer ons dat voor die Wederkoms, dit weer sal wees soos in die dae van Noag, waar die mens U Woord sal verdraai om hulle te pas, terwyl hulle, in hulle ongeregtigheid sal voortleef. Baie sal kies om nie gekies te word nie maar vergaan in verderf. Gee ons asb die krag om ten alle tye in U Waarheid te staan, en U boodskap suiwer oor te dra.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir woorde van waarheid in ons mond.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





