I THESSALONICENSE 1:7-8 AFR53
7. sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
8. Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
***
Kern gedeelte:
"Want van julle uit het die woord van die Here weerklink"
Wat weerklink vandag uit jou lewe uit en watse spoor laat jy na vir ander om te volg.
Wanneer ons die Woord van GOD nie net lees nie, maar begin uitleef, sal die "verderwer" die aanslae teen ons vermeerder om ons weer gelykvormig aan die gesindheid van die wêreld te kry.
Maar wanneer ons hierdie terugslae, beproewings, toetse en probleme deurstaan, sal ons geloof in GOD uitgaan en vansself spreek!
Moenie deur mense anders oortuig word nie, moenie opgee nie en moenie hoop verloor nie, want jou dade in geloof sal tot baie spreek, want in jou dade word jou geloof gesien.
--------
GEBED.
VADER, woorde is leeg, maar ons dade sal water dra, want in ons geloof staan ons vas, en geen gebeurlikheid van hierdie wêreld gaan dit verander nie. Ongeag ons omstandighede, ons weet waar ons hulp vandaan kom, want ons hulp is van die Bewaarder van Israel en ons Bewaarder sluimer of slaap nooit nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir ons probleme wat onoorkombaar lyk. Ons plaas dit vandag voor U voete en vra dat U daarmee sal deel.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





