LEVÍTIKUS 26:36 AFR53
36. En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het — Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
***
Kern gedeelte:
"die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja"
Ons land lewe in vrees en ons mense in paniek, omdat ons die beginsel van die "wêreld" bo ons GOD gekies het.
Net soos ons nie twee meesters kan dien nie, ons kan nie GOD en mamon dien nie, net so kan ons nie met 'n gees van vrees en met 'n gees van oorwinning in GOD staan nie!
As ons vanoggend in vrees staan, bang is vir die toekoms, beteken dit dat ons nie ons GOD ken nie en ook nie die reddende Krag van Sy regterhand nie.
Ons dien die Lewende GOD en in Hom, is daar hoop, verlossing, genesing, redding, uitkoms en deurbrake.
Moenie bevrees staan voor die wêreld nie, want dan skyn Sy Lig nie deur jou nie.
As jy in vrees lewe, sal die geruis van 'n verwaaide blaar jou op die loop jaag.
Maar as jy in GOD staan, sal 'n duisend voor jou uitvlug!
-------
GEBED.
VADER, ons begrip en denke kan nooit die omvang van U Krag verstaan nie, want ons sien net die probleme van die oomblik, terwyl U plan vir ons toekoms nog duister lê omdat ons U nie raadpleeg nie. Soos Petrus, kyk ons na die golwe terwyl hy op U moes gefokus het, en daarom het die vrees beheer oorgeneem. Leer ons asb deur U Heilige Gees om in oorwinning in U te staan en nie die knieg voor die "verderwer" te buig nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om uit ons huidige omstandighede op te staan en voort te beur in U Naam.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





