DEUTERONÓMIUM 4:29-30 AFR53
29. Dan sal julle daarvandaan die Here jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
30. As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na sy stem luister.
***
Kern gedeelte:
"As jy in die nood is"
Die harde realiteit is, hoe meer voorspoedig dit met ons gaan, hoe verder beweeg ons van GOD af weg en ons lewens begin al hoe meer gelykvormig raak aan die wêreld.
Wanneer GOD ons in ons weë begin rig en die winde van veranderimg draai teen ons, dan begin ons soek na die spaarwiel GOD.
Na Hom wat ons slegs ken in tye van nood en dan verwag ons dat ons gebede onmiddelik verhoor sal word.
Soek GOD in jou tye van voorspoed en Hy sal ook met jou wees in tye van teëspoed, swaarkry en beproewing.
Want ons dien die Lewende GOD, en Hy sal jou nooit faal nie en jou nooit verlaat nie.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat U ons nooit faal en nooit verlaat nie. As ons terugkyk na ons lewenspad, sien ons die een ry spore in die sand, en dan weet ons dat U ons nooit gefaal of verlaat het nie, maar ons deurgedra het toe ons nie meer staande kon bly onder die druk van hierdie wêreld nie. Laat U Heilige Gees ons asb herhinner om naby aan U te bly, selfs in die tye van voorspoed.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die pad voor ons sal gelykmaak want U sê dat U gee dit aan U beminde in sy slaap.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





