JAKOBUS 5:17-18 AFR53
17. Elía was 'n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;
18. en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
***
Kern gedeelte:
"Elía was 'n mens net soos ons"
Vanoggend se boodskap het nie maklik gekom nie, en mag dalk nie almal geval nie, maar laat dit wees soos dit GOD behaag.
Moenie toelaat dat jou gebede slegs 'n stortvloed van woorde is nie, maar wees spesifiek in jou gebed, en bid vir dit wat jy voel wat die swaarste op jou hart druk.
Stilwees, te luister na GOD se stem is deel van gebed, sodat ons ook Sy Wil in ons lewe kan verstaan.
Elia het gebid en dit het vir drie jaar en ses maande nie gereën nie, en Elia het weer gebid en dit het begin reên, en deurentyd was Elia bewus van GOD se stem oor dit was hy moes gaan doen voor die reën weer sou kom.
Die antwoord sal kom, wanneer ons leer om in stilte op GOD te wag.
-------
GEBED.
VADER, terwyl ons bid val ons U in die rede omdat ons voel dat 'n oorvloed van woorde sake sal verander, terwyl U ons die teendeel leer. Leer ons asb wanneer om te praat en wanneer om stil te wees sodat ons ook U inwerking in ons lewe kan ervaar, U stem kan hoor.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte en stilwees in ons gemoed.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





