KOLOSSENSE 3:17 AFR53
17. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank GOD die Vader deur Hom.
***
Kern gedeelte:
"en dank GOD die Vader deur Hom"
Dit wat jy op fokus is dit wat jy sal sien!
As jy net op die negatiewe dinge in jou lewe fokus, sal jy mettertyd net die negatiewe dinge raaksien.
Maar, as jy op die positiewe dinge begin fokus, GOD daarvoor begin dank, sal jy sien hoe die negatiewe in positiewe begin verander.
Sal jy werklik begin sien hoeveel jy nog het om voor dankbaar te wees.
Maar die geheim van dankbaarheid lê in jou fokus op GOD, want hoe nader jy aan GOD aan beweeg, hoe groter sal die dankbaarheid in jou lewe wees, en voor jy besef, word die negatiewe gedagtes in jou, na die positiewe verander.
Daarom sê GOD se Woord in Fillipense 4:6, wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by GOD.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend bieg ons oor, en belei ons, ons twyfel, kommer en onsekerheid oor die pad vorentoe want ons lewe met ons beperkings so naby aan ons gesig dat ons nie die toekoms kan sien wat U reeds vir ons voorberei het nie. Daarom dank ons U vanoggend vir die positiewe en negatiewe in ons lewe, want uit die negatiewe en slegte situasies leer ons lesse en bou ons karakter ter voorbereiding van die hoopvolle toekoms wat U vir ons beplan wanneer ons op die positiewe begin fokus.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor ons toekoms.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





