PSALMS 1:1-4 AFR53
1. WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
2. maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
4. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
***
Kern gedeelte:
"wat nie wandel in die raad van die goddelose"
Wys my jou vriende, en ek wys jou, jou toekoms!
Daagliks kom en gaan mense in ons lewe, en ons kan net tot GOD bid dat ons nie deur negatiewe invloede beinvloed sal word nie.
Dat ons nie van die pad gelei word deur sogenaamde "vriende" nie.
Romeine 1 vanaf vers 18 tot 32 gee ons 'n baie goeie indikasie wie ons moet vermy en sluit dan af met die volgende woorde:
mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Pasop, want as jy hierdie gedrag goedkeur, of in jou huis toelaat is jy ook skuldig hieraan.
Gaan, bid en vas en vra dat GOD jou oë sal open vir die mense wat nie in jou lewe moet wees nie.
-------
GEBED.
VADER, om nee te sê in die hedendaagse lewe word al hoe moeiliker, anders oordeel ons. U Woord se duidelik dat die oordeel kom ons nie toe nie, maar U Woord maak dit duidelik dat, WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie. Laat ons asb vanoggend besef dat beide die antwoorde, Nee en jy is nie welkom hier nie, is steeds aanvaarbare antwoorde wanneer ons dit binne U Onpartydige opregtheid gebruik.
In die Naam ons Meester YESHUA, bid ons vir elke persoon wat in die gees geteister word, sodat elkeen U vrede wat alle verstand te bowe gaan sal ervaar.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





