MATTHÉÜS 18:5-7 AFR53
5. En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My;
6. maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat 'n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
7. Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
***
Kern gedeelte:
"maar wee die mens deur wie die struikelblok kom"
Is ons, ons kinders se boustene of is ons hulle struikelblokke.
Soos wat JESUS CHRISTUS die Hoeksteen is in ons lewe, so moet ons ook daardie fondasie verder uitbou by ons kinders, sodat ons die geestelike huis kan uitbou tot Sy eer.
Maar net so kan ons hulle ook tot struikeling wees deur hulle die gewoontes en begeertes van hierdie "wêreld" te leer.
Onthou, kinders doen nie wat ons sê nie, hulle doen wat ons doen!
Ons huidige gewoontes word die lewens basis van ons kinders.
As jy GOD ter ere uit lewe, sal jou kinders in jou voetspore volg.
Dit mag dalk 'n wyle vat, maar die fondasie sal reeds gelê wees!
-------
GEBED.
VADER, waar ons aan die begin van hierdie nuwe dag staan, laat ons hierdie geleentheid gebruik om net na te dink wat se voorbeeld is ons vir ons kinders, en wat se voorbeeld ons vir hulle stel. Ken hulle U, en U weë deur ons lewenswyse of sien hulle nog steeds die "wêreld" in ons.
Gee ons asb die krag om ons kinders op te voed in U Woord, Wil en Weg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons kinders sal beskerm teen die aanslae van hierdie wêreld.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





