JESAJA 58:4-6 AFR53
4. Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
5. Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos 'n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en 'n dag wat die Here welgevallig is?
6. Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?
***
Kern gedeelte:
"julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie"
So dikwels worstel of sukkel ons met blykbaar onoorkombare probleme in ons lewe, en dan wil ek graag die klem lê op JESUS CHRISTUS se woorde aan sy dissipels.
Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie.
Die uitleg was duidelik, nie net deur gebed nie en nie net deur vas nie, maar deur gebed en vas!
Vra dat GOD jou oë sal open en gaan lees gerus Jesaja 58 'n paar keer deur en dan sal ons die gesindheid van vasting wat nodig is verstaan, die uitkoms en genesing wat daarmee gepaard gaan en die toekoms van oorvloed binne GOD se Wil
Onthou, hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie!
-------
GEBED.
VADER, U Woord is so eenvoudig dat selfs 'n kind dit kan verstaan en tog begryp ons dit nie as volwassenes nie. Ons lewe met verdraaide uitkyke en harte vol ongeloof en daarom volg ons nie meer U basiese instruksies wat U vir ons deur U Seun gegee het nie. Open asb ons oë sodat ons U Woord sonder voorbehoud sal lees en uitleef.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir belangrike besluite wat vandag gemaak moet word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





