JOHANNES 1:3-5 AFR53
3. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
4. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
5. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
***
Kern gedeelte:
"en die duisternis het dit nie oorweldig nie"
Dikwels verander ons geestes toestand en sien ons net die negatiewe in die lewe raak.
Ons raak verduister in ons denke, en sien nie nie meer die Lig op ons lewenspad nie.
Wanneer dit gebeur, weet dit, dat jy 'n afdraai pad gevat het na waar jy nie moet wees nie.
Wanneer jy op die pad bly wat GOD vir jou beplan het sal Sy Lig voortdurend met jou wees.
Geen duisternis kan dit oorweldig nie want duisternis is slegs die afwesigheid van lig.
Laat ons vanoggend besef dat dit tyd is om onself leeg te maak van die dinge van hierdie "wêreld", sodat die Lig van JESUS CHRISTUS, nie slegs in ons teenwoordig sal wees nie, maar ook deur ons sal skyn vir almal om te sien.
Dit is tyd dat jy die donker agterlaat, en weer in Sy Lig begin lewe.
-------
GEBED.
VADER, soms sonder om dit te besef, begin ons dwaal en voor ons dit weet is ons die pad byster en sien ons nie meer U Lig nie. U is die ware Lewende GOD wat ons voetstappe rig, en daarom vra ons dat U ons weer sal terugbring na die Lig, na die lewe wat U vir ons beplan het. Almal maak foute, en laat ons asb die lesse daaruit leer, maar trek nie U reddende regterhand van ons terug nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat ons aan U Stem gehoorsaam sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





