JESAJA 41:10-11 AFR53
10. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
11. Kyk, hulle almal sal beskaamd staan en in die skande kom wat op jou toornig is; hulle sal word soos niks, en jou teëparty sal omkom.
***
Kern gedeelte:
"Wees nie bevrees nie"
Gister vra my vrou vir my of ek weet watter stelling staan 365 keer in die Bybel geskrywe, want sy het dit deur die loop van die dag raakgelees.
Ek was nie seker nie, en sy antwoord, "Wees nie bevrees nie, of moenie bang wees nie.
Ons het dit wel nog nie gaan tel om dit te bevestig nie, maar die boodskap hierin het ingedring, baie dieper as wat mens verstaan.
Die boodskap is dat daar 365 dae in 'n gewone jaar is, en 365 keer word ons daaraan herhinner dat ons nie moet vrees nie of dat ons nie moet bang wees nie.
Maar tog gaan slaap ons met bekommernis oor die dag van môre en staan ons op in vrees oor wat die nuwe dag gaan inhou.
Let vanoggend op en luister, laat dit by jou insink, GOD het jou nie 'n gees van vrees gegee nie, want groter is Hy wat in jou is, as hy wat in die "wêreld" is.
Jy staan reeds in oorwinnimg, al weet jy dit nog nie, en waar jy nie meer kan nie, sal GOD jou deurdra.
Staan op, staan sterk, beur voort want GOD is met jou.
-------
GEBED.
VADER, dankie dat te midde van soveel onsekerheid, U hierdie woorde van bevestiging en bemoediging bring. Dankie dat U in beheer is, en dat ons net moet opstaan en die pad stap soos U ons daarin lei. Laat ons nie die leuns van die "verderwer" langer glo nie, maar ons oë op U gevestig sal hou.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir hierdie nuwe dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel(+27)(0)716283107





