JOHANNES 3:19-21 AFR53
19. En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig; want hulle werke was boos.
20. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, dat sy werke nie bestraf mag word nie.
21. Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.
***
Kern gedeelte:
"Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig"
In hierdie saak is daar nie draad-sitter posisies beskikbaar nie.
Net soos ons nie twee gode kan dien nie, ons kan nie GOD en mamon dien nie, net so is dit in hierdie saak.
Jy staan in die Waarheid van GOD deur Sy Seun JESUS CHRISTUS, of jy is nog aan die wêreld verkleef, en aan die werke van die "verderwer" wat jou lei na donker duistere dinge.
Ongeag wat jou antwoord hierop gaan wees, dit is nie vir my om te weet of te oordeel nie, maar 'n saak tussen jou en GOD!
Ons kan die boodskap ignoreer, maar weet dat ELKEEN deur die Wittroon oordeel sal gaan, en rekenskap sal ons gee!
-------
GEBED.
VADER, die woorde mag dalk hard wees om te hoor, maar ons vra dat U Heilige Gees ons sal ontvanklik maak daarvoor, sodat ons vandag ons harte oopmaak vir U, dat ons verlossing sal kies deur U eniggebore Seun. Laat ons besef dat die tyd om in, en met verskonings te leef verby is. Laat ons besef dat dit is of die Lig of die duisternis.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering.
Amen.
••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





