DANIËL 6:22-23 AFR53
22. Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!
23. My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.
***
Kern gedeelte:
"omdat ek voor Hom onskuldig bevind is"
In jou lewe sal jy mense kry wat teen jou sal draai, mense wat alles in hulle vermoë sal doen om jou te ondermym, al beteken dit dat hulle jou moet verkleineer, leuens van jou vertel of jou slegmaak in die oë van hierdie "wêreld".
Maar dan kan ons die verhaal van Daniël in die leeukuil gerus weer gaan lees tot bevestiging.
Daniël het nie energie of tyd daaraan spandeer om terug te veg, homself te verdedig of vir sy eie saak te baklei nie.
Hy het egter aangehou om tot GOD te bid, Hom te loof en te prys en hy het onpartydig opreg aanhou lewe, ongeag die feit dat planne tot verderf teen hom beplan is.
Vandag wil ek net vir jou sê, draai jou fokus terug na GOD toe, hou op baklei en laat die ander mense doen soos dit hulle behaag.
Wees jy ten alle tye onpartydig opreg voor GOD, en Hy sal die planne van die "verderwer" tot jou voordeel laat uitwerk!
-------
GEBED.
VADER, U weet wie teen ons is, en wie planne teen ons beraam. Ongeag, ons sal stil wees en weet dat U GOD is, want as U vir ons is, wie sal teen ons wees. Gee ons asb die krag, wysheid en insig om aan te hou om in onpartydige opregtheid te lewe, sodat ons nie bloed op ons hande sal hê wanneer ons voor U staan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan vir die waarheid van U Woord.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za





