OPENBARING 22:6-7 AFR53
6. EN hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
7. Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
***
Kern gedeelte:
"Kyk, Ek kom gou"
Hierdie is die onveranderde waarheid wat sal staan tot die Wederkoms van JESUS CHRISTUS, ons Verlosser en Saligmaker.
Tog ontken soveel mense die waarheid van die Woord van GOD.
Soveel van ons kies om nie gekies te word nie, en ander mense sal nie die Woord van GOD aanvaar voor hulle eers deur die meule van die lewe gegaan het, en erken dat GOD in beheer van ons lewe is nie.
Nietemin, as jy vandag hierdie boodskap lees of luister, het jy nog tyd om jou saak reg te maak en jou lewe, jou hart vir JESUS te gee.
Doen dit terwyl jy nog die geleentheid het, want die dag van môre is nie gewaarborg nie en jou volgende asemteug is in die Hand van die Een wat jy ontken.
Ek herhaal weer:
Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
-------
GEBED.
VADER, alles wat ons is, is net genade, en alles wat ons het is net geleen en tog lewe ons asof ons nooit gaan sterwe nie. Deur ons arrogansie en die "eie ek", lewe ons asof ons in beheer van ons lewe is, en soms wil ons ook ander se lewe beheer. Ruk ons asb uit die vuur, bring ons tot stilstand, sodat die Waarheid van U Woord by ons sal insink. Laat ons U teenwoordigheid in ons lewe ervaar.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat die skille van die "verderwer" van ons oë sal afval.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





