II SAMUEL 22:29-31 AFR53
29. Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar.
30. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur.
31. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
***
Kern gedeelte:
"Want met U loop ek 'n bende storm"
As jy vandag huiwer om die eerste tree te neem, die pad van 'n nuwe begin te stap, neem die tyd en nooi GOD saam met jou op jou lewenspad.
Hy sal jou rig, jou lei, behoed en bewaar.
Deur die inwerking van Sy Heilige Gees sal jy die stem hoor wat sê, gaan links of gaan regs.
Met GOD saam met ons op ons lewenspad, kan ons opstaan en sê, met my GOD loop ek 'n bende storm.
Maar laat ons ook soos Moses sê:
As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.
Wag op GOD, moenie jaag nie, kry sekerheid in jou hart, want as GOD jou begin beweeg, gaan niks jou stop nie!
-------
GEBED.
VADER, vandag kom vra ons dat ons nie in ons haastigheid sal beweeg nie, maar sal wag op U bevestiging. Gee ons asb sekerheid in ons hart wanneer die regte tyd aanbreek het om saam met U hierdie pad te begin stap. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons die krag sal gee om alle struikelblokke te oorkom, want met ons GOD loop ons 'n bende storm, maar sonder U beweeg ons nie 'n tree nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U met ons sal wees in alles wat ons aanpak, dat U hierdie lewenspad saam met ons sal stap.
Amen
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)7162831907





