JEREMIA 1:4-5 AFR53
4. Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê:
5. Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.
***
Kern gedeelte:
"Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het"
Soos met Jeremia, is ons lewe reeds vir ons uitgelê, en GOD het die perfekte plan vir ons lewe tot Sy verheerliking.
Soos Jeremia, het ons ook vrese dat ons nie sal kan doen wat GOD vir ons beplan nie.
Maar soos GOD vir Jeremia opgerig het, so sal Hy jou ook oprig vir jou lewenstaak.
Deur jou lewens keuses mag jy tans op 'n plek wees waar jy nie moet wees nie, maar selfs hieruit sal wonderwerke voortspruit en tot getuienis wees.
Ongeag huidige gevoelens, situasies of beperkinge, GOD maak nie foute nie en jy is geskep vir 'n tyd soos hierdie.
Maar dit is tyd dat jy deur gebed en vas jou roeping in GOD vind.
Ek sê weer, GOD maak nie foute nie!
-------
GEBED.
VADER, daagliks twyfel ons in onself, en in U roeping en doel vir ons lewe. Deur ongeduld, versoekings van die "verderwer", verkeerde lewens keuses dwaal ons, terwyl U plan vir ons lewe nog in wording is. Gee asb dat ons die dinge van hierdie wêreld sal agterlaat en U roeping vir ons lewe sal najaag. Versterk ons asb om binne U Wil te kan beweeg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat siek is, mag U Hand hulle vanoggend aanraak en genees.
Amen.
•••••••
Webtuiste:https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel:(+27)(0)716283107





