JEREMIA 2:17, 19 AFR53
17. Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
19. Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die Here van die leërskare.
***
Kern gedeelte:
"Jou eie boosheid sal jou tugtig"
So dikwels praat ek oor ons "tafel van nagevolg" en vanoggend se boodskap stel dit so selfs nog beter wanneer GOD ons deur Sy Woord, hierdie vraag vra!
Het jou verlating van die Here jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
Soms moet ons maar net rustig gaan sit en terug dink waar alles begin het, waar ons die pad byster geraak geraak het.
As jy eerlik genoeg met jouself kan wees, sal jy sien dat alles begin het, die dag toe jy GOD verlaat het en Sy Woord nie meer die prioriteit in jou lewe was nie.
Oordink alles deegliks, roep GOD aan, nader tot GOD en Hy sal tot jou nader.
-------
GEBED.
VADER, ons kan slegs ons kop in skaamte sak, en weet dat ons sekere dinge nie kan weg argumenteer nie. Alles het begin toe ons die volheid van GOD verruil het vir die leegheid van hierdie "wêreld". Neem ons asb vanoggend aan die hand, lei ons terug na U, en die weg wat U vir ons beplan het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van ons sondes.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





