MATTHÉÜS 6:33-34 AFR53
33. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
34. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
***
Kern gedeelte:
"Kwel julle dus nie oor môre nie"
Vandag wil ek vir jou bevestiging gee, dat jy moet aangaan, doen wat jy kan, met dit wat jy het, net waar GOD jou op hierdie gegewe oomblik geplaas het.
Die res laat jy aan GOD oor, en Hy sal jou paaie voor jou gelykmaak.
Wanneer ons op GOD begin fokus, in onpartydige opregtheid voor Hom staan, verander ons beperkinge in geleenthede, word vandag se probleme, môre se ondervinding wat jy nodig het vir die pad vorentoe.
Moenie soos Petrus na die golwe kyk nie, want daarin is die twyfel, maar fokus op GOD en Hy sal jou op die water laat loop.
Hy sal vir jou die onmoontlike moontlik maak.
-------
GEBED.
VADER, ons kan vanoggend op 'n hopie gaan sit en huil, en toelaat dat bekommernis ons oorskadu, of ons kan opstaan en verklaar dat ons die Lewende GOD dien, wat die onmoontlike moontlik maak. Ons dank U reeds dat U 'n pad voorberei waar daar geen pad is nie, waar geen mens dit kan doen nie. Ons lewe plaas ons in U hande. Laat dit wees soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons in danksegging vir vandag se voorsiening, en dra ons die dag van môre op aan U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





