GÉNESIS 4:6-8 AFR53
6. En die Here sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
7. Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie — die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
8. En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
***
Kern gedeelte:
"het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan"
Moenie 'n deur van sonde oopmaak wat nie weer toegemaak kan word nie.
Pasop, moenie dat jou emosies nie die oorhand oor jou kry nie, want Kain was gewaarsku, maar deur emosie gedryf het hy 'n deur van sonde geopen wat nooit weer toegemaak kon word nie.
Daagliks lê die sonde en loer voor ons deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Moenie die versoekings in jou lewe met emosie hanteer nie, maar vra dat GOD jou hierin sal lei, en hanteer die situasie binne Sy Wil.
Deur GOD se Wil na te volg sal jy nie net die versoeking oorkom nie, maar jy sal die sonde oorwin en daaroor heers.
-------
GEBED.
VADER, daagliks wil ons aan emosie oorgee en sake op 'n wêreldse manier hanteer. Die "verdêrwer" strewe daarna om ons aan die wêreld gelykvormig te maak sodat hy in oorwinning kan staan, maar op emosie gaan ons nie reageer nie, maar ons gaan opstaan en verklaar, die HERE is my Herder en ook deur hierdie situasie sal Hy my lei, my deurdra en my uitred.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om nie in te gee of toe te gee nie.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





