JEREMIA 5:24-25 AFR53
24. en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die Here onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
25. Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou.
***
Kern gedeelte:
"julle sondes het die goeie van julle teruggehou"
Dikwels praat ons oor die skeidsmuur van sonde, en ons besef nie die omvang daarvan nie.
Hoe kan GOD ons seën as ons dit waarmee ons geseën gaan word, gaan gebruik om dit in ons welluste deur te bring en nie toe te laat dat GOD se seëninge deur ons na ander toe vloei nie.
Ons staan in ongeregtigheid voor GOD, maar terselfde tyd verwag ons dat GOD ons in ons ongeregtigheid moet seën.
As GOD ons nie in die mindere kan vertrou nie, hoe gaan Hy ons in die meeste vertrou wanneer Hy ons seën.
Ons moet eers leer om met die minste in onpartydige opregtheid voor GOD te kan staan, sodat wanneer GOD ons seën in ons lewe, dat ander se seëninge nie by ons sal vashaak nie, maar sal deurvloei na ander wat dit ook so brood-nodig het.
Maak jou skure van sonde leeg sodat dit gevul met die seëninge van GOD.
Ek spreek vandag GOD se seën oor jou lewe, jou huis, jou gesin, jou gesondheid en oor jou finansies.
Mag jou seëninge wees soos jy ander seën.
-------
GEBED.
VADER, seën asb hierdie boodskap waar dit ookal mag gaan, en as dit 'n huis vind wat U seëninge waardig is, laat dit daarop rus. Maak asb die vensters van die hemel oop en vul daardie huis met U heerlikheid, U seën en U vrede.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat in nood is. Voorsien asb aan elkeen wat biddend voor U staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





