I KONINGS 19:5-7 AFR53
5. Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!
6. Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7. En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.
***
Kern gedeelte:
"Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel"
Die lewe gaan nie net oor werk, oor die dinge wat hierdie wêreld bied nie.
Soos Elia kom daar 'n tyd wat alles te veel raak en dan is nodig dat ons moet rus, gevoed word, nie alleen met voedsel nie maar ook met Woord van GOD.
As ons dit nie doen nie, gaan die pad vir ons te veel raak, en ons sal nie die werk kan doen of die pad kan stap wat GOD vir ons beplan het nie.
Daarom, as die opdraende vir jou te styl word, stop, neem rus, word deur GOD se Woord versterk, dan sal geen pad te moeilik of opdraende te steil wees nie.
Onthou, by mense is dit onmoontlik, maar by GOD is alle dinge moontlik.
-------
GEBED.
VADER, wanneer ons teen die storms van die lewe instap, word die pad te moeilik, ons raak moeg en fokus dan slegs op die probleme. Dit is eers wanneer ons 'n tree terugneem, rus en versterk word deur U Woord, dat ons dinge uit 'n ander oogpunt sien, en dan sien ons die oplossings wat U voor ons geplaas het, sodat ons die pad voluit kan stap. Dankie dat ons vandag besef dat rus ook nodig is vir elkeen van ons.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U die oogklappe van die lewe van ons oë sal verwyder sodat ons die Lig sal sien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





