EFÉSIËRS 4:22-24 AFR53
22. dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
23. en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
24. en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
***
Kern gedeelte:
"dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed"
Wanneer jy die ou mens van hierdie wêreld afgelê het, is dit nie moontlik om donker en depresief deur die lewe te gaan nie, want jou vreugde is gebaseer op GOD en jy lewe jou lewe in JESUS CHRISTUS, want waar jy gaan en in wat jy sê, dra jy Sy Naam op jou lippe.
As jou gemoed gekwel is, en die bekommernis in jou bou op, weet jy dat die "verderwer" besig is om jou terug te sleep na wêreldse gewoontes en begeertes.
Want as jou versekerde verwagting in ons GOD is, sal jy daagliks vernuwe word, en jy sal die storms van die lewe deurstaan.
Onthou, as jy voor GOD op jou knieë is, sal Hy jou regop hou op jou lewenspad, en geen teëspoed sal jou van stryk bring, geen uitdaging sal vir jou te groot wees nie.
Staan op, staan vas, bewapen jou met GOD se Woord, en Hy sal jou versterk.
-------
GEBED.
VADER, wanneer ons oor die toekoms begin tob en kwel, neem dit U vrede wat alle verstand te bowe gaan van ons weg. Ons vra vanoggend dat U Heilige Gees op ons sal inwerk, ons sal versterk sodat ons met versekerde verwagting op U kan vertrou. Dat ons sal staan soos 'n huis wat op die Rots gebou. Ons dank U vir uitdagings en probleme want in ons lewe daardeur bou ons karakter.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om op te staan en vas te staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





