HOSÉA 4:1, 6 AFR53

November 4, 2024

1. HOOR die woord van die Here, o kinders van Israel! Want die Here het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.

6. My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.


***


Kern gedeelte:

"My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis"


Ons gaan ten gronde omdat ons nie die Woord van GOD ken nie en na die "priesters van verleiding" luister.

In vandag se samelewing word van ons verwag om alles goed te keur in die Naam van "liefde vir jou naaste", maar tog staan dit duidelik geskrywe in Romeine 1: 32, mense wat — al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien — dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.

Gaan lees gerus Romeine 1:18- 32.

Dit sal baie dinge duidelik maak, en dan sal jy nie weer die deur van jou huis daarvoor oopmaak nie, nie weer jou goedkeuring daaraan skenk nie.

Lees die Woord van GOD in diepte, gee aandag daaraan om na Sy Stem te luister.

Dan sal jy die kop wees en nie die stert nie.


-------


GEBED.


VADER, open asb vandag ons oë, sodat ons U Woord in waarheid sal lees en verstaan. Laat ons nie verder verlei word deur na die leuns van verleiding en die verdraaiing van U Woord te luister nie, maar dat ons sal kies om U in Waarheid te volg. Vergewe ons asb ons onkundigheid aangaande U Woord.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vergifnis van ons sondes.

Amen.


•••••••



Webtuiste: tentvansamekoms.co.za

Sel: (+27)(0)716283107

December 19, 2025
27. Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand. 28. Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig. *** Kern gedeelte: "Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word" Ek was vanoggend reeds besig om 'n ander gedeelte uit GOD se Woord voor te berei om uitgestuur te word, maar hierdie gedeelte het so swaar op my hart gelê dat ek van voor af begin het. Maar gehoorsaamheid aan GOD deur die leiding van Sy Heilige Gees is beter as 'n offer, as die vet van ramme. Miskien gaan vanoggend se boodskap nie net daaroor om ons woorde in te hou nie, maar oor gehoorsaamheid om van koers te verander wanneer ons die inspraak van die Heilige Gees ervaar. Terug na vanoggend se Skrif gedeelte, verstaan asb die volgende: Nie elke vraag is 'n antwoord werd nie, en soms is stilbly ook 'n antwoord. Bly kalm, en plaas 'n wag voor jou mond, want woorde is soos dons vere in die stormwind, dit kan nooit weer terug getrek word nie. ------- GEBED. VADER, vanoggend kan ek nie besluit of U 'n waarskuwing rig en of U bloot gehoorsaamheid aan die leiding van U Heilige Gees toets nie. U Woord is 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons pad, en daarom is dit vir ons belangrik om die pad te stap waarop U ons lei. Leer ons asb om in gehoorsaamheid aan U Stem te lewe. Laat die twyfel wat die "verderwer" in ons lewe saai ons nie van koers af druk nie. In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen op ons paaie wat gaan reis. Hou asb U Hand van beskerming oor elkeen. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 18, 2025
1. As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê 2. as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, 3. dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; 4. dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; 8. Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het. *** Kern gedeelte: "As die Here nie vir ons was nie" Al was ons hierdie jaar al deur diep water en bittere beproewings, het GOD ons deurgedra tot waar ons vandag is. Met sekere tye kon ons nie die lig sien aan die einde van die tonnel nie, en tog is ons ook daardeur. Dit laat my dink aan die foto waar iemand saam JESUS op die strand gestap het, waar die twee rye spore in die sand, net een ry spore geword het. Toe die persoon terugkyk kom die vraag op, waarom het U my verlaat. JESUS het geantwoord, waar jy die een ry spore sien, is waar jy nie meer kon nie, en Ek het jou gedra. Mag GOD ons ook deur die res van hierdie jaar dra, en as GOD nie vir ons was nie, laat ons dit dan sê, want ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. ------- GEBED. VADER, in dankbaarheid kom ons vanoggend voor U, in dankbaarheid gaan ons hierdie nuwe dag in, want U het gesê dat U ons nooit sal faal en dat U ons nooit sal verlaat nie. Vergewe ons asb ons twyfel en onsekerheid en maak ons asb standvastig in U. Laat ons nie deur die golwe van die lewe rondgeslinger word nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat die stryd teen kanker veg. Lê asb U genesende hande op elkeen. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 17, 2025
3. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 4. want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur GOD om vestings neer te werp, *** Kern gedeelte: "maar kragtig deur GOD" As die woorde so bietjie byt vanoggend, laat dit dan so wees! Waar jy GOD betrokke maak, sal jy oorwin, maar sonder GOD in jou lewe, sal jy in struikeling eindig. Ons wil so graag op onself roem, maar ons kan nie eers ons volgende asemteug waarborg nie. En as jy vandag moet roem, roem dan in GOD, deur Sy Seun JESUS CHRISTUS, wat alles vir jou moontlik gemaak het, vir jou die verlossing gebring het en jou terug gelei het na GOD toe. In ons eiewysheid mag ons dalk gedink het, dat ons het alles tot hier toe hanteer, maar ons was nie bewus van die aller-om beskermde teenwoordigheid van ons Skepper nie. Miskien moet ons net vir 'n oomblik terug dink hoe GOD ons versterk, gedra en beskerm het tot waar ons vandag is. Aan ons GOD al die lof, en eer, en laat ons Sy Naam grootmaak. ------- GEBED. VADER, waar ons vandag voor U stilraak, word ons so mooi daaraan herhinner waar ons krag vandaan kom. Min besef ons eintlik dat U kragtig deur ons werk om die aanslae teen te staan, terwyl ons soms nie eers daarvan bewus was nie . Ons dank U vanoggend dat U ons lei deur die inwerking van U Heilige Gees, en ons beskerm waar ons magteloos voor die "verderwer" staan. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir die beskerming, leiding, wysheid en insig waar U ons daagliks gee op ons lewenspad. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 16, 2025
13. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? 14. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. 16. Die oë van die Here is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. 19. Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. 20. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom. *** Kern gedeelte: "Menigvuldig is die teëspoede" Ons mag miskien in die wêreld wees, maar ons is nie van die wêreld nie. Een ding is baie seker! Hoe nader ons aan ons Skepper beweeg, hoe meer sal die wêreld teen ons draai. Daaglikse probleme sal oor ons pad kom, maar deur gebed sal jy krag kry om dit te oorkom. GOD sal niks oor jou pad laat kom, waarvoor Hy jou nie die krag sal gee om dit te oorkom nie, om dit te oorwin nie. Daarom sê GOD vir ons deur Sy Woord: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die Here hom. Moenie moed verloor nie want die oë van GOD is op die regverdige! ------- GEBED. VADER, almal smag na 'n lewe sonder probleme, terwyl U deur U Woord vir ons sê, dat probleme deel van ons lewe sal wees. Laat ons nie versuim om te bid, en U te kên in elke saak nie. Deur ons eiewysheid sal ons struikel, maar as ons tyd op ons knieë voor U deurbring sal ons staande bly voor die wêreld. Dankie dat U ons versterk teen elke aanslag in ons lewe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag en inwerking van U Heilige Gees in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
December 15, 2025
6. Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. 7. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het 'n blymoedige gewer lief. 8. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk. *** Kern gedeelte: "Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem" Vanoggend wil ek twee dinge onder jou aandag bring! Die eerste is dat ons nie met 'n toe hand deur die lewe kan gaan nie. Soos ons met 'n oop hand gee sal ons ook met 'n oop hand van GOD af ontvang. Maar pasop, nie almal is dankbaar vir die hulp nie, want hulle lewe in die gretigheid en hebsug na meer. Wat vandag se hulp is, word môre se verwagting. Soos miere stroom na die suiker, stroom die misbruikers na die persoon wat te maklik uitdeel. Daarom is dit nodig om te bid en te vra vir die Leiding van GOD se Heilige Gees in elke saak, laat die Heilige Gees aan jou openbaar waar hulp werklik nodig is. Ja, GOD het die blymoedige gewer lief, maar onverskillige hulp gaan later jou tot spyt en las wees. ------- GEBED. VADER, hierdie skrif gedeelte word orals deur misbruikers gebruik om op mense se gevoel te speel, om hulp te verleen waar dit nie nodig is nie. Ons vra dat U ons sal lei in hierdie saak en laat ons weerstandig sal word deur die inwerking van U Heilige Gees, sodat ons nie in die strikke van misbruik sal trap nie. Laat dit asb op ons hart gelê waar hulp werklik nodig is. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding, Wysheid en Insig sodat ons met ge-opende oë die pad kan stap. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283108
December 11, 2025
11. OMDAT ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees. 13. Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil. 14. Want die liefde van Christus dring ons. *** Kern gedeelte: "Want die liefde van Christus dring ons" Wanneer jy werklik JESUS CHRISTUS aanvaar het as jou Verlosser en Saligmaker, kan jy nie anders as om die Evangelie van Verlossing te verkondig nie. Dit sal in jou handel en wandel gesien kan word want jy het die liefde vir GOD, die respekvolle vrees vir Hom leer ken as ons Abba Vader. Dit kan nie anders nie! As die Gees van GOD by jou inwoon, sal jy jou nie meer skaam oor die Woord van GOD of die Evangelie van Sy Seun nie. Inteendeel, dit sal oorkook in jou, soos 'n bruis tablet in 'n oorvol glas water. Waar jy vandag uitgaan, laat toe dat die Gees van GOD deur jou spreek tot ander. ------- GEBED. VADER, ons vra vir die krag, wysheid en insig om ander van U Woord, U Verlossings plan te leer, sodat hulle ook U Seun sal aanneem as hulle persoonlike Verlosser en Saligmaker. Laat U Heilige Gees deur ons werk om ander mense na U toe te lei. Laat ons nooit swyg oor U, of Woord nie. In die naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die vrymoedigheid om U Woord te kan verkondig. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings